Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Tredhou

 
Tredhou behels die skep van selfhelp-bestuursinligting-webwerwe om tred te hou met die akademiese prestasie van voor- en nagraadse studente (byvoorbeeld kohortanalises vir retensiekoerse, uitvalstatistiek, prestasie-indikatore (soos geweegde gemiddeldes en persentasie krediete geslaag) en deuvloeikoerse, die Retensie, Uitval en Graduering Stelsel vir Akademiese Programme (RUGSAP), die Graduandi Akademiese Prestasie Stelsel (GAPS), die Leefplek Akademiese Prestasie Stelsel (LAPS) en die Skool Akademiese Prestasie Stelsel(SAPS)).  Die webwerwe word jaarliks op spesifieke tye opgedateer.
 
Die skakels na hierdie selfhelp-bestuursinligting-webwerwe word beskikbaar gestel met die veronderstelling dat die gebruiker reeds voorheen blootstelling daaraan gehad het en/of dat hy/sy die voorneme het om vir 'n kort opleidingsessie te kom om die nodige voorligting te kry om die stelsels effektief te kan gebruik.  Die doel van die webwerwe is om gebruikers te bemagtig om self inligting te vind waarvoor hulle gewoonlik by Institusionele Navorsing en -Beplanning aanklop.