Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Eerstejaaruitval

 
Die uitvalstatistiek vir 2002-2011 is ontleed per ras, geslag, huistaal, matriekgemiddelde en  US krediete geslaag (vir eerstejaars baie naby aan HEMIS-krediete) vir die US as geheel asook per fakulteit en program en verpak in ‘n webwerf (wat die webwerf in verband met retensiekoerse baie goed komplementeer).  Die gebruiker kan vinnig ‘n prentjie kry van die profiel van uitvallers per ras, geslag, huistaal, matriekprestasievlakke en US krediete geslaag (intervalle)  - per fakulteit en program.  Aksiestappe kan gevolglik beplan word om die getal uitvallers in die toekoms te minimeer en vroegtydig te identifiseer.
 
Hierdie stelsel is vir die eerste maal in 2011 ontwikkel en word vanaf 2012, saam met die een in verband met eerstejaarprestasie, in stand gehou.
 
Die jongste uitval-webwerf is hieronder.  Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg.  Om die uitval-webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.