Intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch, 2015
Voorgraadse Kohortanalises
Hierdie stelsel/webwerf stel die gebruiker in staat om met behulp van kohortanalises die deurvloeikoerse van eerstejaarkohorte te bestudeer per tipe program (3, 4 of 6 jaar), per fakulteit, per ras, per geslag en per matriekprestasievlak. Dit dui met ander woorde aan die getal en persentasie van die gekose kohort wat hulle program in die minimumtydperk, minimumtydperk plus een jaar, minimumtydperk plus twee jaar, minimumtydperk plus drie jaar en minimumtydperk plus vier jaar suksesvol voltooi. Die getal en persentasie van dieselfde kohort wat suksesvol was in ‘n program anders as die een waarvoor hul oorspronklik ingeskryf was, sowel as die getal en persentasie van die oorspronklike kohort wat die universiteit sonder ‘n kwalifikasie verlaat, kan ook nagespeur word.
‘n Verfyning van die stelsel maak dit ook moontlik om die deurvloeikoerse van verskillende tipe beurshouers te bestudeer. Die jongste toevoeging (Februarie 2011, eenmalig gedoen) stel die gebruiker in staat om die deurvloeikoerse van koshuisstudente, privaatstudente woonagtig op Stellenbosch en privaatstudente woonagtig buite Stellenbosch met mekaar te vergelyk.
‘n Variasie van die stelsel is ook ontwikkel om met behulp van kohortanalises kritiese prestasie-indikatore te moniteer, soos byvoorbeeld retensiekoerse na historiese eerste en tweede jare, US krediete geslaag, en geweegde gemiddeldes per jaar. Hierdie tweede stelsel werk soos die eerste.
Hierdie twee stelsels word tans net intern vir navorsingsdoeleindes gebruik asook om baie spesifieke versoeke te hanteer, byvoorbeeld om mbv kohortanalises die deurvloei van 'n spesifieke skool se oudleerders te bepaal.