Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Programdeurvloeikoerse

 
Hierdie is een van die Tredhou-eenheid se oudste webwerwe/stelsels wat jaarliks opgedateer word en wat tradisioneel gefokus het op die deurvloeikoerse van ses groot programme, te wete BA, BSc, BComm, BRek, BIng en MBChB.  Binne hierdie stelsel word die getal en persentasie van die gekose kohort wat hulle program in die minimumtydperk, minimumtydperk plus een, minimumtydperk plus twee, minimumtydperk plus drie en minimumtydperk plus vier suksesvol voltooi,  die getal en persentasie van dieselfde kohort wat suksesvol was in ‘n program anders as die een waarvoor hul oorspronklik ingeskryf was, sowel as die getal en persentasie van die oorspronklike kohort wat die universiteit sonder ‘n kwalifikasie verlaat, gelys.  Die analises is beskikbaar per ras, geslag, huistaal en matriekprestasievlak.  Die stelsel is in 2012 aansienlik uitgebrei om alle voorgraadse programme in te sluit en om ook oor retensiekoerse verslag te lewer.  Dis herdoop na RUGSAP wat die akroniem vir Retensie-, Uitval- en Gradueringstelsel vir Akademiese Programme is.
 
Die jongste weergawe van die RUGSAP-webwerf is hieronder.  Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg.  Om die RUGSAP-webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.