Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Nagraadse Kohortanalises

 
Soortgelyk aan die webwerwe wat ontwikkel is om die deurvloeikoerse van voorgraadse programme te moniteer, is webwerwe/stelsels ook ontwikkel om tred te hou met die vordering van honneurs-, meesters- en doktorsgraadstudente.  Soos die voorgraadse stelsels, word die afgelope 10 kohorte telkens gevolg.
 
Opvolgstudies is met ander woorde gedoen mbv kohortanalises om vas te stel hoeveel studente voltooi hul spesifieke nagraadse kwalifikasie in die minimumtydperk, in die minimumtydperk plus een jaar, plus twee jaar, plus drie jaar en plus vier jaar, hoeveel staak hulle studies, hoeveel verander van program, hoeveel behaal sukses in ‘n program anders as die een waarvoor hulle oorspronklik ingeskryf het, en hoeveel is na die minimumtydperk plus vier jaar steeds besig.  Die resultate van hierdie studies word op die webwerwe deurgegee aan die gebruiker.  Weer eens kan die resultate volgens die duur van die program, fakulteit, ras, geslag, huistaal en matriekprestasievlak ontleed word via die webwerf (wat eintlik dien as selfhelp-fasiliteit vir bestuurders).
 
Spesiale verslae is ook al in verband met die webwerwe gepubliseer om die belangrikste resultate bekend te maak en ook om die webwerwe aan potensiële gebruikers bekend te stel.  Hierdie stel webwerwe is intussen uitgefaseer en grootliks vervang deur die GAPS (sien volgende opsie links).