Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

GAPS (Graduandi)

 
Die doel van die Graduandi Akademiese Prestasie Stelsel (GAPS) is om aan akademiese bestuurders 'n stelsel te gee wat hulle in staat stel om vir 'n spesifieke jaar die getal en persentasie graduandi te bepaal wat hulle graadprogramme in die minimumtyd, minimumtyd plus een jaar tot minimumtyd plus vier jaar suksesvol voltooi het. Die GAPS se ontledings word vir die groep as geheel gedoen, asook per ras, geslag en huistaal. Op voorgraadse vlak word die ontledings ook vir verskillende matriekprestasievlakke gedoen. Die laaste 5 jaar se data word vertoon, en die ontledings is gebaseer op die laaste 9 kohorte vir voorgraads en die laaste 10 kohorte vir nagraads. Slegs graduandi wat uit hierdie kohorte kom, is dus ingesluit in die resultate.
 
Baie belangrik: Dit beteken maw ook dat statistiek vir graduandi wat langer (of korter) as die minimumtydperk neem om te gradueer, gegrond is slegs op hulle rekords (maw getal registrasies) in die rapporteringstydperk (laaste 9 of 10 jaar). Dit beteken dus dat indien vir iemand aangedui word dat hy of sy in die minimumtydperk (gestel 3 jaar) plus 2 jaar suksesvol was, hy of sy in die rapporteringstydperk van 9 of 10 jaar 5 registrasies gehad het. Dit is moontlik dat hy of sy voor die rapporteringstydperk ook 'n jaar of twee studeer het, maar in die meeste gevalle is die statistiek vir ten minste die laaste drie kohorte baie naby aan 100% korrek. Die tradisionele kohortanalises waarin eerstejaarkohorte gevolg word, skakel die probleem uit, maar gee natuurlik ook 'n ander perspektief op studentesukses.
 
Die GAPS is beskikbaar vir voorgraadse sowel as honneurs-, magister- en doktorale programme. Op voorgraadse vlak word 6 groot programme eers ontleed, daarna word die statistiek van die ander programme, asook kombinasies van programme, per fakulteit deurgegee, en laastens word drie-, vier-, vyf- en sesjarige programme se graduandi-statistiek vir die universiteit as geheel opgesom. Dieselfde patroon word vir honneurs-, magister- en doktorale programme gevolg: Eers word die graduandi-statistiek van individuele programme en kombinasies van programme per fakulteit gerapporteer voordat opsommende statistiek vir die universiteit as 'n geheel gelys word.
 
Die jongste weergawe van die GAPS-webwerf is hieronder.  Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg.  Om die GAPS-webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.