Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Eerstejaarretensie

 
Sedert die instelling van die Eerstejaarsakademie word daar jaarliks ‘n ontleding gemaak van die akademiese prestasie van die afgelope tien eerstejaarkohorte, per fakulteit en vir die universiteit as geheel en vir 88 verskillende kombinasies van ras, geslag, taal en matriekprestasievlakke. Die resultate van hierdie analise word verpak in ‘n webwerf wat as ‘n selfhelp-fasiliteit ontwikkel is en wat intensief ingespan word om tendense in die prestasies van ons eerstejaars te moniteer. 
 
Eerstejaarretensiekoerse word noukeurig deur hierdie stelsel gemoniteer, maar ander belangrike prestasie-indikatore, soos geweegde gemiddelde eerstejaarprestasie, persentasie modules geslaag, eerstejaarsukseskoers, uitgedruk as persentasie US krediete geslaag, en tweedejaarretensie, word ook gerapporteer en gebruik om ‘n gebalanseerde prentjie te bou van die akademiese vordering van die US se eerstejaars.  Die stelsel is nuttig om onder andere tendense waar te neem en risiko-groepe te identifiseer, en word ook gedeeltelik gebruik om die impak van die Eerstejaarsakademie te meet.
 
Die webwerf is al as basis vir verskeie verslae gebruik en lewer ook heelwat van die inligting wat in die jaarlikse Onderrig- en Leerverslag gerapporteer word.  Soos die geval is met die meeste van die Tredhou-Eenheid se webwerwe, word dié webwerf via die Tredhou-Eenheid se verslae en verspreidingslys (meestal lede van die ABV en SAS) bemark, maar ander belangstellendes kan ook toegang verkry.  Toegang word beperk omdat die inligting sensitief van aard kan wees en verkeerd geïnterpreteer kan word.
 
Die jongste retensie-webwerf is hieronder.  Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg.  Om die retensie-webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.