Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Omega Gradueringsvraelys

 
Die doel van die Omega Gradueringsvraelys is onder andere om te bepaal hoe tevrede finalejaarstudente met hulle "Stellenbosch-ervaring" is, om feite in te win oor studente-betrokkenheid, om die kognitiewe en affektiewe ontwikkeling van ons studente te moniteer, om tred te hou met die waardes, gesindhede, doelstellings en welwees van ons studente, om ‘n gevoel te kry van die strewes en loopbaanplanne van ons finalejaarstudente, ensovoorts.
 
In hierdie vraelys kry studente, byvoorbeeld, die geleentheid om hulle algehele graad van tevredenheid aan te dui ten opsigte van ‘n verskeidenheid aspekte rakende hulle "Stellenbosch-ervaring", insluitende hulle modules, hulle interaksie met Universiteitspersoneel, administratiewe dienste en die algemene kampuslewe. Op ‘n ander plek moet hulle aandui hoeveel tyd hulle gedurende ‘n gewone week aan akademie, kuier, werk en ontspanning bestee het.
 
Die vraelys is internet-gedrewe en dit bestaan uit 186 vrae. Gemiddeld voltooi ongeveer 600 studente dit jaarliks (kort voor die eindjaareksamen). Die vraelys is vir die eerste maal in 2004 afgeneem.
 
Die vrae is in onderstaande 11 afdelings verdeel:
  1. Tydbestedingspatrone
  2. Lees- en skryfaktiwiteite
  3. Betrokkendheid / deelname
  4. Tevredenheid
  5. Invloed van dosente
  6. Persepsie oor eie bekwaamhede
  7. Vordering: Generiese vaardighede
  8. Welwees
  9. Sienings / waardes
  10. Belangrikheid van studies / aspirasies
  11. Toekomsplanne
 
Aangesien die vraelys ook groot ooreenkomste met die Alfa Basisvraelys en die Alfa Vorderingsvraelys toon (doelbewus so saamgestel), stel dit ons ook in staat om ondersoek in te stel hoe studente se profiele van die begin van hulle studieloopbane verander na die einde.  Die vraelys lewer ook belangrike insette in die bepaling van die sogenaamde "graduate attributes".
 
Kliek hier om die 2013 weergawe van die vraelys te bestudeer - inhoudelik dieselfde as die vorige aantal jare, maar op 'n nuwe platvorm.
 
Soos ook die geval met die ander vraelyste is, is selfhelp-webwerwe ook vir dié vraelys se respons-ontleding beskikbaar - per ras, geslag, huistaal, matriekprestasievlak en fakulteit.
 
'n Ontleding van die response op die 2013 Omega Gradueringsvraelys is hieronder beskikbaar.  Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om op die webwerf telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg.  Om die genoemde webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.