Tredhou & Ontwikkelingswebwerf, Institusionele Navorsing en Beplanning
Kiespaneel

Gereedheidsvraelys

 
Die Akademiese- en Loopbaangereedheidsvraelys is in 2003 geloods onder eerstejaars.  Vanaf 2009 word die vraelys deur voornemende studente voltooi.  Onmiddellik nadat deelnemers hierdie internet-gedrewe vraelys ingestuur het, ontvang hulle geïndividualiseerde hulpaanbiedings wat konsentreer op tekortkominge wat hulle geopenbaar het.
 
Die vraelys is tans in sy derde weergawe (weergawe 3 in 2012 geloods).  Die Tredhou-Eenheid administreer hierdie vraelys en genereer ook opsommende web-verslae daaroor.  Die vraelys is en word deurlopend deur die SSVO ontwikkel en is ook hulle intellektuele eiendom
 
Die terugvoer van voornemende studente is geweldig positief.  Ongeveer 750 van 2012 se voornemende studente het die vraelys voltooi.  Oor die afgelope nege jaar het duisende studente en voornemende studente reeds hierdie vraelys voltooi en geïndividualiseerde terugvoer ontvang.  Ons glo hierdie proses dra positief by tot ons eerstejaars se akademiese voorbereidheid vir hule eerste jaar en ook vir latere loopbaangereedheid.
 
Kliek hier om die vraelys te besigtig.