Intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch, 2015
Alfa Vorderingsvraelys
Die Alfa Vorderingsvraelys word aan die einde van studente se eerstejaar afgeneem en dek baie van dieselfde onderwerpe as die Alfa Basisvraelys. Die doel is om onder andere te sien hoe studente se profiel verander oor die loop van hulle eerstejaar. Die vraelys word ook sedert 2002 jaarliks afgeneem.
Die vraelys is internet-gedrewe en bestaan uit 123 vrae. Tussen 500 en 1000 studente vul dit jaarliks in. Studente is "verplig" om die Alfa Basisvraelys te voltooi, terwyl hulle vrywillig aan die Alfa Vorderingsvraelys deelneem.
Kliek hier om die 2013 weergawe van die vraelys te bestudeer - inhoudelik dieselfde as die vorige aantal jare, maar op 'n nuwe platvorm.
Die opsommende resultate van hierdie vraelys word ook jaarliks verpak in ‘n maklik verkenbare webwerf wat die resultate per ras, geslag, huistaal, matriekprestasievlak en fakulteit ontleed. Hierdie resultate het onder andere al uitgewys dat eerstejaars as ‘n groep se welwees in die tradisionele ses dimensies van welwees afneem van die begin van die eerstejaar na die einde.
'n Ontleding van die response op die 2013 Alfa Vorderingsvraelys is hieronder beskikbaar. Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om op die webwerf telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg. Om die genoemde webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier.