Intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch, 2015
Alfa Basisvraelys
Die Alfa Basisvraelys word reeds sedert 2002 ingespan om ‘n aanvangsprofiel van ons eerstejaars te bou. Die doel van hierdie vraelys is onder andere om feite in te win oor studente-betrokkenheid, om die kognitiewe en affektiewe ontwikkeling van ons studente te moniteer, en om tred te hou met die waardes, gesindhede, doelstellings en welwees van ons studente. In hierdie vraelys kry studente, byvoorbeeld, die geleentheid om om aan te dui hoeveel tyd hulle gedurende ‘n gewone week aan akademie, kuier, werk en ontspanning bestee het.
Die vraelys se 161 vrae is in die volgende 13 afdelings verdeel:
Agtergrondinligting: Verblyf, Ouers, Mikpunt, Finansies, Uitdaging van Skool, Taal, Afhanklikes,Werk tydens studies
Motivering om aan hierdie universiteit te kom studeer
Selfvertroue in eie vermoë om studiesukses te behaal
Tydbestedingspatrone
Betrokkendheid / deelname
Lees- en skryfaktiwiteite
Rekenaaraktiwiteite, -ondervinding en gesindhede tov tegnologie
Persepsie oor eie bekwaamhede
Hulp Benodig: Generiese vaardighede
Behoeftes van studente met spesiale leerbehoeftes (SSL) / gestremdhede
Sienings / waardes
Belangrikheid van studies / aspirasies
Welwees
Die vraelys is internet-gedrewe (Blackboard), dit vereis 161 response van studente en word tydens die verwelkomingsprogram tydens eerstejaars se bekendstelling aan die rekenaargebruikersareas (RGA’s) afgeneem. Ongeveer 3500 eerstejaars vul dit jaarliks in - ons het gevolglik op die stadium data van meer as 28000 studente!
Die vraelys is in 2014 op 'n nuwe platvorm beskikbaar en 'n aantal addisionele vrae oor tegnologie-gebruik is bygevoeg. Die vraelys kan hier besigtig word.
Die opsommende resultate van die vraelys word jaarliks verpak in ‘n maklik verkenbare webwerf wat die resultate per ras, geslag, huistaal, matriekprestasievlak en fakulteit ontleed. Die profiele word onder andere ingespan om fakulteite ‘n beeld te gee van hulle eerstejaars: wie hulle is, wat hulle voorkeure is, wat hulle dink, ensovoorts.
Die data wat deur die vraelys gegenereer word, het ook as basis gedien vir die US se voorspellingsmodel wat bevestig het wat internasionale navorsers ook bevind het: Sogenaamde potensiaal optimaliserende faktore speel ‘n belangrike rol in akademiese prestasie en voeg betekenisvolle waarde toe tot die voorspellingsmodel, bo en behalwe die tradisionele voorspellers soos graad 12 punte. Die verdere goeie nuus is dat hierdie faktore positief beïnvloed kan word en dat akademiese prestasie sodoende ook positief geïmpakteer kan word.
Geïndividualiseerde hulpaanbiedings aan studente is ook in die verlede al aan studente se response op die vraelys gekoppel, en onlangs is die vraelys ook gebruik om potensiële verskille in die profiele van koshuisstudente, privaatstudente woonagtig op Stellenbosch en privaatstudente woonagtig buite Stellenbosch te ondersoek.
'n Ontleding van die response op die 2015 Alfa Basisvraelys is hieronder beskikbaar. Gebruik jou "browser" se "Back" knoppie om op die webwerf telkens na die vorige kiespaneel/skerm terug te beweeg. Om die genoemde webwerf in 'n aparte venster te bestudeer, kliek hier. 2014 se resulate is hier beskikbaar.