Intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch, 2015
Grit-projek
Die Afdeling Studente- en Akademiese Steun (SAS) stel tans ‘n internasionale meetinstrument beskikbaar wat eerstejaar- en voornemende studente se deursettingsvermoë (vasbytvermoë en in Engels "grit") bepaal. Internasionale navorsing toon dat daar ‘n verband tussen "grit" en akademiese prestasie en veral retensie is. Die loodsprojek is tans aan die gang. Die projek sal oor die volgende paar jaar loop en moontlike verbande tussen "grit" en akademiese prestasie en retensie ondersoek. Indien sterk positiewe verbande waargeneem word, kan “grit” moontlik in toelating/keuring gebruik word.
Die vraelys is internet-gedrewe, kan ook via selfone voltooi word en voorsien onmiddellike terugvoer en hulp. Multimedia modules en audio-boeke is op die projek se webwerf aan alle gebruikers gratis beskikbaar en het ten doel om gebruikers daarvan te motiveer om "grittier" te word.
Gedurende die eerste maand en ‘n half het 480 eerstejaars en voornemende studente die vraelys voltooi en terugvoer ontvang. Alle VGP-eerstejaars het aan die begin van 2012 ook die vraelys voltooi.
IWWOUS se Scimathus-projek het ook gedurende die eerste week van September 2011 deel geword van hierdie projek en gaan hierdie instrument inspan om navorsing te doen oor die moontlike gebruikmaking van "grit" in hulle keuringsprosesse. Al hulle 2012 en 2013 studente het die vraelys voltooi.
Deelnemers aan die vraelys kry ook die geleentheid om terugvoer te gee. Die volgende aanhaling van een van ons swart voornemende studente som die waarde van "grit" uitstekend op, en dalk ook sy voorspellingswaarde!
"If you get up one time more than you fall, you will make it through. Source Unknown" and "Resolve never to quit, never to give up, no matter what the situation. Jack Nicklaus"
I love this quotations so much because I relate to them so much because it’s what I have been doing since I matriculated in 2009 and I was not getting an admission but I have never gave up, I was so deeply inspired by the life of the great Neurosurgeon Dr Ben Carson who became my role model after I started reading him, I then realised that every adversity that I have faced in my life was to strengthen me and shape me in becoming the best doctor. In act every quotation are so much relevent to me.
I believe that every successful person has faced adversities that aided in becoming what they are now, so why must I complain or give up when I face them winners never give up and people who give up never win, my mother once said"In life we are bound to face setbacks or fall, what matters is how you face them or how you get up".
I thank you.
Vir nog meer terugvoer raadpleeg asseblief die projek se webwerf www.sun.ac.za/grit.