Intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch, 2015
Web & Multimedia Steun
Die skep van web- en multimedia-gebaseerde steun om sogenaamde potensiaal optimaliserende vaardighede en faktore te ontwikkel, soos ook bepaal deur die voorspellingsmodelle genoem op vorige bladsy.
Die Tredhou-Eenheid het gedurende 2012, 2013 en 2014 baie tyd en kundigheid belê in die ontwikkeling van die BeWell-webwerf, die persoonlike welwees webwerwe van mentors, mentees en personeel en die tredhoustelsel wat in die Studente Welwees- en Mentorprojek gebruik word. Die Tredhou-Eenheid bedryf die moniteringsaspek, skep en onderhou gebruikers (mentors, mentees en personeel) se geïndividualiseerde welwees webwerwe en onderhou ook die bestuursinligtingstelsel wat vir die bestuur van die projek ingespan word. Al die ondersteunende materiaal vir elkeen van die welweesdimensies wat tot die ongeveer 3000 aktiewe studente in die projek se beskikking is, is deur Alten du Plessis ontwikkel / beskikbaar gestel (voorbeelde sluit die LearnWell4Life DVD (US kopiereg) en die meer as 80 e-boeke en audioboeke (ivm die ses welwees dimensies) in (beskikbaar gemaak met ooreenkoms en student as “e-coaching” kliënte). Hierdie omvattende projek, in samewerking met die SSVO , SSG en studente, probeer onder andere ook om mbv tegnologiese steun daardie “soft factors” te ontwikkel wat deur navorsing uitgewys is as faktore wat akademiese prestasie beïnvloed. Sodoende word baanbrekerswerk gedoen en gee ons ons studente 'n geweldige voordeel (ander navorsers bepaal ook die faktore wat prestasie impakteer, maar min instansies probeer iets daaraan doen).
'n Oorsig van BeWell 2013 met gebruiksstatistiek en kwalitatiewe terugvoer van mentors en mentees is beskikbaar by http://www0.sun.ac.za/bewell/vsa2013/posterboek.pdf - dis 'n PDF-weergawe van 'n PowerPoint-aanbieding met 214 skyfies.