Bits & Bytes IT nuusbrief
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Eendag was daar ...
» Soek jy `n eenvoudige manier om massa e-posse
te stuur?
» Spam - meer as net `n blikkie vleis
» Stel e-pos op jou foon
of iPad op

E-pos oorheers deesdae ons lewens, maar daar is `n fyn lyn tussen noodsaaklikheid en `n ongesonde verslawing.

Wanneer laas het jy op `n e-pos geantwoord? Volgens deskundiges is jy `n e-pos verslaafde as jy verplig voel om elke e-pos dadelik te beantwoord. Ignoreer af en toe `n e-pos kennisgewing en gaan gesels eerder met iemand.

Jy moet natuurlik altyd Bits & Bytes lees, maar as jy dalk (om watter onverklaarbare rede ookal!) `n uitgawe mis, kan jy hulle nou almal aanlyn gaan lees.

 

Groete van oorkant Merriman
Die IT-span

   

NS. Verslawing aan e-pos word beskou as `n regmatige verskynsel. As jy meer wil weet, lees wat AOL te sê het daaroor, sowel as skrywer, Tom Stafford.

 
 

 

EENDAG WAS DAAR ...

... `n wêreld sonder e-pos. Eintlik was dit nie so lank gelede nie. Suid-Afrika was ietwat stadiger as die res van die wêreld en ons het eers teen die middel 90's blootstelling gekry aan e-pos en die internet. Dis al ongeveer 17 jaar gelede.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

SOEK JY `N EENVOUDIGE MANIER OM MASSA E-POSSE TE STUUR?

As jy die verantwoordelike persoon in jou departement is vir die uitstuur van inligting aan ander personeellede of studente, het jy waarskynlik al gewens daar is `n beter manier om die proses te vergemaklik.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

SPAM - MEER AS NET `N BLIKKIE VLEIS

Gemorspos, of te wel "spam", is wanneer identiese, meestal steurende, boodskappe na `n groot hoeveelheid e-pos- of selfoongebruikers gestuur word. Al ooit gewonder waar die naam vandaan kom?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

STEL E-POS OP JOU FOON OF IPAD OP

Met elke nuwe toestel, groei die behoefte om te alle tye in verbinding te bly. Maar om alles opgestel te kry daarvoor kan in `n nagmerrie ontaard. Vir volledige instruksies, gaan maak gerus `n draai by ons selfhelp wiki.

 
  IT Kontakinligting