DIENSTE | MELD ’N VERSOEK AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Interessante tye

Om ’n nuusbrief in die donker te tik is nie speletjies nie. Beurtkrag fase 4 het pas ingeskop. Ons kantoor is in donker gehul en stil sonder die gegons van lugverkoelers en drukkers. Intussen was ons obsessief hande terwyl ons brommend "Happy birthday" neurie. Daar is ’n vloek wat sê "Mag jy in interessante tye leef" – en is dit nie ironies gepas op die oomblik nie?

Ons kan jou nie beskerm teen Eskom en die coronavirus nie, maar teen digitale gevare kan ons wel. Ons het onlangs Outlook sekuriteitsmaatreëls implementeer om spesifiek teen spam en phishing te waak. Hierdie veranderinge bring werkswyse uitdagings en aanpassings, maar dit maak reeds ’n substansiële verskil.

Vul intussen jou voorraad seep en kerse aan en hopelik lyk dinge ligter (letterlik en figuurlik) teen die tyd dat jy die volgende nuusbrief ontvang.

 
Heraktiveer jou netwerktoegang
Alle personeel se netwerktoegang verval outomaties einde Maart, tensy jy dit heraktiveer. Om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot IT-dienste het, stel ons voor dat jy dit so gou as moontlik afhandel.
IT-onderhoud: 27 tot 30 Maart
Ons sal gedurende die naweek van 27 Maart geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.
Addisionele Outlook-funksie geaktiveer
Ons het onlangs ’n addisionele vlak van sekuriteit, Exchange Online Protection, geaktiveer. Sedertdien beland sommige e-posse in die Junk mail-vouer beland. Ons verdeuidelik hoekom.
   
  NUUSHAPPIES
   
  McAfee-opgradering
  Die internet is ’n komplekse
en brose stelsel van
onderwater en
ondergrondse kabels
  Sekuriteitspesialis waarsku
teen publieke Wi-Fi in SA
  Die coronavirus is die eerste,
ware sosiale media
"infodemie”
  China sensor boodskappe
oor coronavirus
Corona kan waarskynlik vir
96 ure op jou selfoon leef
Maak jou slimfoon
effektief skoon
 
 

 

 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.