DIENSTE | SELFHELP | MELD VERSOEK AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

WEES VEILIG

*Ja, hierdie is alweer `n nuusbrief oor sekuriteit. Hoekom? Want kubermisdaad is besig om skrikwekkend vinnig toe te neem en ons eie personeel en studente word toenemend daaraan blootgestel. Maar sekuriteit
is sekerlik IT se probleem, nie joune nie? Ongelukkig kan ons net soveel doen, die res is jou verantwoordelikheid.

So selfs al is jy moeg om te hoor van phishing en ransomware, maak seker jy weet regtig hoe om dit uit te ken en ook wat om te doen as jy dit ontvang. Wees eerder veilig en paranoiës as die persoon met `n leë bankrekening en gesteelde identiteit.

*Gedurende die afgelope 24 uur het die onderwerp van die nuusbrief `n ander betekenis aangeneem. Sedert Dinsdagaand is Kaapstad en omgewing geteister deur reën en sterk wind in een van die grootste storms in dekades. Terwyl ons in die Kaap probeer het om droog te bly, was die inwoners van Knysna besig om uit hulle huise te vlug terwyl brande groot dele van die dorp vernietig. As jy die slagoffers van hierdie rampe wil bystaan, hier is `n paar idees.

   
 
OFFICE365 VIR ALMAL
Informasietegnologie het die afgelope naweek die volledige wolkgebaseerde Office365 pakket vir personeel aktiveer. #nuus
IT-ONDERHOUD:
23 - 26 JUNIE
Ons beoog om die naweek van 23 Junie geskeduleerde onderhoud op bedieners uit te voer. #nuus
MICROSOFT-OPDATERINGS EN DATAKOSTES
Het jy geweet dat jou universiteitsrekenaar outomaties op datum bly met sagteware-opdaterings, sonder dat jy enigiets hoef te doen? #konnektiwiteit
HOE OM RANSOMWARE TE VERMY
Ransomware is `n tipe malware ontwerp om gebruikers se lêers te enkripteer of hulle bedryfstelsels te blok sodat kuberkrakers `n losprys kan eis. #sekuriteit 
 

TYD VIR `n VASVRA?

Skaars `n dag gaan verby sonder `n waarskuwing oor `n nuwe phishing e-pos, maar jy weet hoe om hulle uit te ken. Geen kuberkraker sal jou om die bos kan lei nie. Voltooi hierdie vasvra en kyk of jy reg is. #sekuriteit

MEER OOR SEKURITEIT   ANDER INTERESSANTE NUUS
+ Gevaarlike phishing e-pos lyk soos salarisverhoging   + Meertalige selfoonvakwoordeboek help studente
+ Ransomware 'WannaCry' aanval verduidelik + ‘n Nuwe Whatsapp insek ID-diens ontwikkel
+ WannaCry los rekenaars regoor die wêreld buite aksie + Leer `n nuwe taal op jou foon
     
VORIGE ARTIKELS   OM TE KYK
+ Aandag alle teësinnige ontwerpers   + Don't fear intelligent machines. Work with them
+ SUNLearn mobiele toepassing beskikbaar + Ransomware: Dis hoe dit gedoen word
+ ServiceNow gereed vir gebruik + Verminder koolstofafskeiding met videokonferensies
+ Goeie nuus vir MATLAB-aanhangers  
+ Vir die varsste nuus, volg ons op Twitter    
     
KONTAK ONS
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.