Bits and Bytes IT-nuusbrief IT newsletter
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
 
IN HIERDIE UITGAWE
 
» Hoekom `n nuwe Exchange?
» Twiet na hartelus
» Nuwe metode vir toegang tot gratis Biblioteek e-bronne
» Waar kry ek inligting
oor ...
» Nuut en in die nuus

Nuwe semester, nuwe begin. Ons was ook lus vir huisskoonmaak gedurende die vakansie en die nuusbrief spog vanaf hierdie uitgawe met `n nuwe gesig. Hou julle meer van hierdie weergawe of die ou een? Laat ons weet!

As deel van die huisskoonmaak is daar ook twee ander groot projekte afgehandel die laaste paar weke. Alle Outlook-gebruikers is oorgeskuif na die nuwe Exchange en die afgelope naweek moes ons die krag in die datasentrum opgradeer.

Beide projekte was omvangryk en het noukeurige koördinasie en beplanning geverg. Ons het sover moontlik alle aanpassings probeer uitvoer sonder om te veel ontwrigting vir jou, die gebruiker, te veroorsaak, maar soos ons weet, glip daar altyd lastige klein jakkalsies deur die heining wat onnodig moeilikheid maak.

Dankie vir julle geduld en begrip met die tydelike ongerief.

 

IT-groep

Groete
Die IT-span

 
  skeiding
 
HOEKOM VERANDER NA `N NUWE EXCHANGE?

Ons het onlangs alle Stellenbosch Universiteit gebruikers opgradeer van Microsoft Exchange Server 2007 na Exchange Server 2010.

Baie van julle wou weet hoekom dit nodig was om te verander van die bestaande weergawe na iets anders en nuut. Glo dit of nie, die nuutste Exchange het `n hele paar voordele – op `n tegniese vlak en ook vir jou as gereelde Outlook-gebruiker.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

  TWIET NA HARTELUS

Informasie Tegnologie was nog altyd `n vinnige, dinamiese omgewing en Stellenbosch Universiteit se IT-afdeling is geensins anders nie.

Die afgelope paar maande het ons probeer om kommunikasie te verbeter en julle op hoogte te hou van alles wat ons doen en die nuutste IT-verwikkelinge op kampus.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

skeiding
NUWE METODE VIR TOEGANG TOT GRATIS BIBLIOTEEK E-BRONNE

Vanaf ingang 1 Julie 2012 is gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie elektroniese bronne slegs beskikbaar vanaf die Biblioteekdiens se webwerf.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

  WAAR KAN EK INLIGTING KRY OOR ...

Sukkel jy om inligting in die hande te kry oor rekenaaraankope, netwerktoegang of die registreer van gebruikersname?

Ons is besig om IT se selfhelp-wiki so volledig moontlik te maak en wil weet watter inligting julle nodig het, maar soms sukkel om op te spoor? As jy voorstelle het, laat weet ons by helpinfo@sun.ac.za.

skeiding
NUUT EN IN DIE NUUS

23% van selfoongebruikers gebruik Mxit en 38% Facebook. Die nuuste resultate van World Wide Worx se Mobiliteitstudie oor hoe Suid-Afrikaners data op hul selfone gebruik, is onlangs vrygestel en Memeburn het gaan kyk na die gevolgtrekkings.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

  Kontakinligting