For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Vista & Blackboard staan opsy vir Moodle
» Turnitin fnuik plagiaat
» IT Studentesentum help met gemeenskapsprojek
» Om te blog of nie te blog nie?
»

E-afval inisiatief steeds volstoom aan die gang

Die opspoor van gesteelde selfone, red van `n skootrekenaar wat onbepland in `n swembad beland het en opstelling van rekenaars by `n plaaslike skoolbiblioteek. En dis maar net `n paar van die IT Studentesentrum se dagtake.

Lees vandag meer oor die Kylemore Sekondêre Skool gemeenskapsprojek, sowel as nuus oor die toekoms van Vista en Blackboard op kampus.

Hou in gedagte dat alle vorige uitgawes van die Bits & Bytes ook aanlyn beskikbaar en propvol nuttige inligting is, om te verseker dat jy en jou rekenaar mekaar beter verstaan.

Tech-groete, IT

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

ALGEMEEN

 

spesiale aanbieding!

E-AFVAL INISIATIEF STEEDS VOLSTOOM AAN DIE GANG

IT se e-afval program is stilweg steeds op die agtergrond besig om die regte ding te probeer doen.

Vanaf Julie 2012 tot April 2013 het Cape e-Waste Recyclers, ons e-afval kontrakteurs die volgende items van ons kampus verwyder vir verantwoordelike wegdoening en herwinning:

325 rekenaars 162 drukkers en skandeerders 269 Monitors 3 houers van algemene e-afval.

Onthou, as jy enige e-afval by jou kantoor of huis het en nie weet wat om daarmee te maak nie, kontak ons gerus en ons kan jou help om op `n omgewingsvriendelike manier daarvan ontslae te raak!

Die prosedures om IT-bates uit diens te haal en in die e-afval proses te plaas, is op die IT Help wiki beskikbaar.

 

VISTA & BLACKBOARD STAAN OPSY VIR MOODLE

Vanaf 2014 skakel die Universiteit se elektroniese onderrigleerbestuurstelsel oor van Vista en BlackBoard
Learn na 'n oop-bron e-Leer-stelsel, Moodle.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

TURNITIN FNUIK PLAGIAAT

Het jy al ooit in die middernagtelike ure, krom gebuig oor jou akademiese geskrifte, in `n oomblik van paniek skielik begin twyfel aan die geldigheid en oorspronklikheid van jou feite en stellings?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

IT STUDENTESENTRUM HELP MET GEMEENSKAPSPROJEK

IT se Studentesentrum het onlangs hand bygesit met die opstelling en installasie van tien splinternuwe rekenaars vir die Kylemore Sekondêre Skool biblioteek.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

OM TE BLOG OF NIE TE BLOG NIE?

Oor die afgelope vyftien jaar het die woord "blog" deel geword van ons daaglikse woordeskat. Jy besoek daagliks een of ander vorm van `n blog en besef dit nie eers nie!

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL