IN HIERDIE UITGAWE
» Windows 8 - regtig `n beter opsie?
» Gratis opgradering na Windows 7
» Jou tyd loop uit!
» Internasionale deskundige ingeroep vir Safecom-probleme
  For the English version of this newsletter, click here.

Paasnaweek is bykans op ons voorstoep, maar voordat jy die langpad aandurf, neem `n paar minute om seker te maak jou gebruikersnaam is geaktiveer vir 2013? Dan kan jy in alle erns die naweek die Paashaas en sy eiers gaan jag.

Het jy dalk `n vorige nuusbrief gemis of is jy op soek na spesifieke inligting? Al die vorige Bits & Bytes word veilig gebêre op `n webblad en ons blog en wiki is vol handige inligting.

As daar iets is wat jy nie kan opspoor nie, stuur gerus vir ons `n e-pos en ons voeg dit by.

Tech-groete, IT

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

ALGEMEEN

 

WINDOWS 8 - REGTIG `N BETER OPSIE?

Windows 8 het in Oktober 2012 die lig gesien en op die oog af lyk die nuutste weergawe soos `n splinternuwe bedryfstelsel. As ons die nuwe Windows egter van nader bekyk, is daar nie soveel anders as met Windows 7 nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

GRATIS OPGRADERING NA WINDOWS 7

Sit jy nog opgeskeep met `n verouderde rekenaar met Windows XP? Ons het goeie nuus vir jou! Tot einde Mei sal IT jou rekenaar gratis opgradeer van Windows XP na Windows 7.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

INTERNASIONALE DESKUNDIGE INGEROEP VIR SAFECOM DRUKKERPROBLEME

Oor die afgelope paar maande is kritiese probleme met die Safecom drukkerstelsel ondervind. Alhoewel departemente ook frustrasies ervaar het, is veral studente werksaam binne die RGA-omgewing en die biblioteek ernstig hierdeur geraak.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

JOU TYD LOOP UIT!

Vroeër die jaar het ons julle herinner aan die jaarlikse heraktiveringsproses (lees die artikel hier).

Indien jy nog nie jou gebruiksnaam heraktiveer het nie, is nou die tyd - anders sal jy vanaf 3 April geen netwerktoegang hê nie. Dit sluit e-pos, toegang tot internet, jou netwerkspasie, WebCT en vele ander netwerktoepassings in.

Om te heraktiveer, gaan na http://www.sun.ac.za/useradm en kies Reactivate username for 2013.

---------------------------------