Bits & Bytes IT newsletter
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» QVT staan opsy vir Tera Term
» Nee, SARS wil jou nie regtig betaal nie en ander skelmstories
» Nuutste IT-kursusdatums nou beskikbaar
» Laer kostes, vinniger internet
» Moenie vir die gek gehou word deur heraktivering nie
» Heraktiveer jou kaart

Ons is nogsteeds, `n maand na die nuwe jaar begin het, besig om huis skoon te maak op die tegnologiese front.

Bo en behalwe die jaarlikse logistiese administrasie soos heraktivering vir netwerkgebruik en kaart-heraktivering, slaan die administratiewe stelsel ook amptelik `n blaadjie om op 1 Maart.

En verbeel jy jou of lyk die personeel- en studenteportale vanoggend so `n bietjie vreemd? Jy kyk reg, selfs die portale het `n vars lagie nuwe en kleurvolle verf bygekry sodat jy vinniger en makliker by al jou belangrike skakels kan uitkom. Meer hieroor ...

Skielik lus om jou eie huis ook aan te pak? Wel, die naweek is op ons drumpel.

Techie-groete,
Die IT-span

 
 

QVT STAAN OPSY VIR TERA TERM

Uit met die oue, in met die nuwe. Deur die jare het die meeste van ons al kennisgemaak met die administratiewe stelsel, of te wel QVT, en gewoond geraak aan die swart skerm met sy neongroen lettertjies.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

LAER KOSTES, VINNIGER INTERNET

Te danke aan die Universiteit se samewerking met SANREN en die implementasie van die Fortigate vuurmuur, kan kampusgebruikers nou uitsien na laer internetkostes en `n vinniger, meer stabiele internetverbinding.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

NUUTSTE IT-KURSUSDATUMS NOU BESKIKBAAR

Ten einde jou te help om jou nuwejaarsvoorneme om `n rekenaar-guru te word, te bewaarheid, bied ons die jaar `n hele reeks kursusse aan. Jy moet net registreer en opdaag.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

NEE, SARS WIL JOU NIE REGTIG BETAAL NIE EN ANDER SKELMSTORIES

Dwarsdeur die jaar stuur ons deurlopend waarskuwings aan personeel teen "phishing" e-posse en ongelukkig sal ons moet aanhou om dit te doen, aangesien vele personeel steeds, ten spyte van hierdie waarskuwings, telkens byt aan kuberkriminele se lokaas.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

MOENIE VIR DIE GEK GEHOU WORD DEUR HERAKTIVERING NIE

Die eerste April is berug as die dag waarop almal uitgevang word en jy alles alles met `n knippie sout moet neem. Maar as jy skielik op "April Fool's Day" geen netwerktoegang het nie, gaan dit nie `n grappie wees nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

HERAKTIVEER JOU KAART

Alle besoekers, kontrakteurs en tydelike personeel word herinner om voor 30 Maart hulle kaarte gedurende kantoorure by die kaartkantoor in Administrasie A te heraktiveer. Indien `n kaart nie teen nie teen 30 Maart hernieu is nie, sal dit verval.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 
  IT Kontakinligting