Bits & Bytes IT newsletter
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» US netwerkopgradering lei tot meer effektiewe akademiese samewerking
» MS Project vir `n georganiseerde kantoor
» Tablet vir jou?
» Nuwe SARS, ABSA en eBUcks "phishing" e-posse

Beter, vinniger en meer effektief - is dit nie maar wat ons almal wil hê van ons werksdag nie?

Gelukkig kan tegnologie help om dit moontlik te maak, of dit `n vinniger netwerk, `n nuwe tabletrekenaar of `n kursus in MS Project is. Elke bietjie help.

Ons hoop dié weergawe van Bits & Bytes laat sommer jou produktiwiteitsvlakke styg ... maar rus eers goed uit die naweek. Indien jy vorige nuusbriewe misgeloop het, kan jy dit nou ook aanlyn gaan lees.

 

Groete van oorkant Merriman
Die IT-span

   
 
 

 

US NETWERKOPGRADERING LEI TOT MEER EFFEKTIEWE AKADEMIESE SAMEWERKING

Universiteit Stellenbosch se IT infrastruktuur is onlangs op `n groot skaal opgegradeer en plaas dié universiteit op gelyke vlak met ander tersiêre instansies. Te danke aan die opgradering het studente, navorsers en akademici nou beter toegang tot die universiteit se sentrale netwerk.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

MS PROJECT VIR `N GEORGANISEERDE KANTOOR

Bestaan `n groot gedeelte van jou dag daaruit om projekte te bestuur en te sorg dat alles glad verloop? Of jy `n projekbestuurder is of nou betrokke by jou afdeling se projekte, MS Project kan moontlik jou dagtaak vergemaklik.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

TABLET VIR JOU?

As jy altyd aan die gang is, maar nogsteeds `n manier wil hê waarmee jy op hoogte wil bly van wat aangaan in die wêreld en met jou vriende en familie, kan jy dit dalk oorweeg om `n tablet aan te skaf. Hierdie toestel is maklik om te gebruik en lig genoeg om saam met jou te sleep – of jy nou Arniston of Abu Dhabi toe gaan!

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

NUWE SARS, ABSA EN eBucks "PHISHING" E-POSSE

Indien jy `n e-pos ontvang wat lyk of dit van ABSA kom insake `n betaling van SARS of oor eBucks, moet onder geen omstandighede op die skakels kliek nie. Hierdie is `n "phishing" e-pos wat poog om jou wagwoord en ander inligting te oes.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 
  IT Kontakinligting