IN HIERDIE UITGAWE

IT Dienstoonbank: die stemme aan die ander kant van die foon

Hoe om jou skootrekenaar se 3G-pakket ekonomies te bestuur

Ons soek jou bates!

Tyd vir herregistrasie

Wat is SANReN en hoe gaan dit jou internet vinniger maak?

Wenke vir internetgebruik

   

Om mee te begin ...

As jy dié e-pos kan lees, beteken dit jy is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot Stellenbosch Universiteit se netwerk en daarmee saam `n hele reeks fasiliteite om te verseker dat jou werk elke dag seepglad verloop.

Maar om al hierdie fasiliteite ten volle te kan benut, het jy tog sekerlik die nodige inligting, raad en ondersteuning nodig? Juis daarom het die tyd aangebreek vir `n kort (ons sal ons bes probeer) en kragtige nuusbrief waar ons jou sal vertel van al die nuutste verwikkelinge wat betrekking het op jou as `n gebruiker, sowel as nuwe tegnologieë waarvan jy gereeld hoor, maar nog niks van weet nie.

Terselfdertyd wil ons ook `n platform skep om jou lewe net so `n klein bietjie makliker te maak. As jy dus vrae of voorstelle het, moenie huiwer om vir ons e-pos te stuur nie. Die kans is goed dat iemand anders met dieselfde tammeletjie sit as jy en ook `n oplossing soek.

       
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
mouse
    [For the English version of this newsletter, click here.]
   
   

IT Dienstoonbank: die stemme aan die ander kant van die foon

Jy ken waarskynlik al die nommer uit jou kop uit - die een wat jy bel as jy op `n Maandagoggend skielik sonder rede jou wagwoord vergeet het of jou baas die powerpoint-aanbieding vir sy vergadering 10 minute voor die tyd per ongeluk uitgevee het. Het jy al ooit gewonder wie die stemme aan die ander kant van die telefoon is en waarmee die IT Dienssentrum-span hulle elke dag besighou? Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Hoe om jou skootrekenaar se 3G-pakket ekonomies te bestuur

Jy het `n vaste 3G-pakket wat nie veronderstel is om jou `n plaas se prys te kos nie, maar skielik lyk dit of jy iemand anders se rekening gekry het. Diensverskaffers kan jou tog nie meer vra as jou oorspronklike pakket nie, of kan hulle? Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Ons soek jou bates!

Darem net hulle nommers. Moenie skrik as daar binnekort `n vreemde skermpie met die opskrif "Stellenbosch University Annual Asset Registration" op jou rekenaar verskyn nie. Dis nie `n kuberkraker wat jou rekenaar probeer oorneem nie. Dis bloot Informasietegnologie wat besig is met `n projek om die US-bateregister op datum te kry.

Terug na bo

     
     

Tyd vir herregistrasie

Soos elke jaar, moet gebruikers van die universiteit se netwerk herregistreer vir netwerkgebruik. Om dus te verseker dat jy nie begin April sonder e-pos en internet gestrand is nie, gaan registreer voor 31 Maart op www.sun.ac.za/useradm om te verseker jy bly op die lug.

Terug na bo

     
     

Wat is SANReN en hoe gaan dit jou internet vinniger maak?

Op Vrydag, 3 Februarie het IT die oorskakeling van Neotel na SANReN gemaak. Goed, maar wat beteken dit nou eintlik? Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Wenke vir internetgebruik

Raak jy benoud as daardie weeklikse kennisgewing met jou internetgebruik in jou posbus beland? As jy `n paar riglyne volg, mag dit dalk die rede vir paniek `n bietjie verlig. Kliek hier vir jou eie aflaaibare pamflet.

Terug na bo

      ENIGE VRAE? KONTAK ONS BY HELP@SUN.AC.ZA OF 021 808 4367