Gelukkige Lentedag?
Die meeste Wes-Kapenaars weet dat om Lente op 1 September te vier sommer laf is - veral met laasweek se sneeu nog vars in ons gedagtes. Maar hier is ons nou, op 1 September, met nog net vier maande van hierdie jaar oor.
Die naweek van die 17de doen ons stelseladministrateurs hulle eie weergawe van lenteopruiming gedurende die onderhoudnaweek. Hou in gedagte dat daar onderbrekings in sommige dienste mag wees gedurende daardie naweek.
Tot volgende keer. Bly warm, bly veilig.
|