Wees kuberbewus
Oktober is Kuberbewustheidsmaand, `n geleentheid om bewustheid te kweek oor kubersekuriteitsrisiko's en hoe om
jouself daarteen te beskerm.
Alhoewel ons glo dat ons kuberslim is en nie uitgevang sal word nie, kry IT weekliks gevalle waar personeel en studente om die bos gelei word deur uitvissing. IT-personeel kan al die nodige maatreëls in plek sit, maar ons kan nie keer dat jy op gevaarlike e-posskakels kliek nie. Ons het jou waaksaamheid nodig om te help om jouself, jou kollegas en die universiteit beskerm.
Tot volgende maand. Bly veilig aanlyn en in die wêreld daar buite.
|