Help ons om jou te help
Ons weet dit klink soos `n bankadvertensie, maar ons is desperaat. Daar is twee kwessies waarvoor ons jou hulp dringend nodig het. Sonder jou samewerking is die universiteit en sy personeel en studente in gevaar en weerloos teen sekuriteitsgevare.
1. Binnekort sal daar van alle personeel en studente vereis word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik om toegang tot Microsoft365 -toepassings te bekom. Jy gebruik reeds MFA wanneer jy jou banksake aanlyn doen en binnekort sal Google ook twee-faktor bekragtiging inmplementeer vir hulle e-posgebruikers. Indien jy nog nie vir MFA registeer het nie, doen dit asb. dadelik.
2. Gradeer asseblief jou toestelle se sagteware op. Ons sien julle, die wat nog hardkoppig vashou aan hulle Windows XP rekenaars en weier om nuwe sagteware te installeer. Ons weet dis `n ontwrigting, maar vra dat jy dié keer maar ingee tot groepsdruk. Net soos in die natuur word die swakste aanlyn ook gevang en as jou programmatuur en anti-virus nie op datum is nie is jy `n maklike prooi vir kuberroofdiere. Installeer liewer die nuutste sagteware en bly veilig.
Tot volgende maand.
|