DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Digitale storms

Verlede maand is personeel se posbusse oorweldig met ʼn e-pos wat gelei het tot ʼn sogenaamde e-pos storm. Alhoewel hierdie tipe e-posse nie skadelik is nie, is dit steurend en kan dit voorkom word. Ons herinner jou graag aan ʼn paar belangrike punte om in gedagte te hou wanneer jy e-pos moet stuur na ʼn groot groep mense.

Dit is ook tyd vir die heraktivering van gebruikersname vir 2021. Jy sal opmerk dat die fooi meer is as gewoonlik, maar moenie skrik nie – dit is bloot omdat ʼn eenmalige, vaste internetfooi vanaf die jaar ingesluit word by die aktiveringskoste. In stede daarvan dat jou department jaarliks vir jou internetgebruik moet betaal, betaal jy nou slegs ʼn enkele bedrag.

Tot volgende keer. Wees veilig in kuber en werklike wêreld.

 

Heraktiveer voor 1 April
Personeel en nagraadse studente se netwerktoegang verval outomaties einde Maart tensy dit heraktiveer word. Om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot IT-dienste het, heraktiveer asseblief so gou moontlik.
   
Totsiens Inetkey
Tot onlangs moes US-personeel en -studente Inetkey gebruik om toegang tot die internet te verkry. Hierdie toepassing het opgetree as beide hekwagter en verrekeningstelsel vir internetgebruik
Maak gereed vir die POPIA-wet
Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting tree op 1 Julie 2021 ten volle in werking. Ter ondersteuning van die Universiteit van Stellenbosch se voorbereiding om gereed te wees vir POPIA, het die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur ʼn reeks gidse en gereedskap gepubliseer
Elektronika-tekort kortwiek verskaffers
Indien jy verlede jaar `n skootrekenaar of ander apparatuur bestel het, sou jy waarskynlik agtergekom het dat aflewering langer as gewoonlik neem. Hierdie ongerief word veroorsaak deur `n wêreldwye tekort aan elektronika.
- IT HUB: slegs studente
- Versigtig vir Reply All
- E-pos aan groot groepe
- Vaste internettarief
voortaan deel van
gebruikersnaamfooi
- FortiClient vervang
Citrix Gateway

- VPN vir Linux
- Microsoft Word kry
teksvoorspel-funksie
- Microsoft Office-
toepassing beskikbaar
vir iPad
- Aanlyn wagwoord-
verandering
- Eduroam vervang
Maties WiFi
- Rapporteer Junk mail
en phishing
- Meld ʼn versoek aan
- Apparatuurondersteuning
- Outlook Public folders
uitgefaseer

- Teams-opnames gestoor
in OneDrive & SharePoint
- Wat is Safelinks?
- Nuttige skakels vir Teams

  Vir nuus oor tegnologie en nuus vanaf IT volg ons op Twitter.
     
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.