DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Beskerm jou inligting

WhatsApp se onlangse aankondiging oor die deel van data met Facebook het grootskaalse paniek en massamigrasie na alternatiewe geselstoepassings soos Signal en Telegram veroorsaak. Maar is die alternatiewe werklik veiliger? In vandag se uitgawe gee ons vir jou ʼn paar opinies, insluitende die van Suid-Afrikaanse tech-guru, Arthur Goldstuck.

Die WhatsApp-debat beklemtoon ook die belangrikheid van dataprivaatheid en in besonder die aanlyn deel van data. 28 Januarie was Dataprivaatheidsdag – ʼn jaarlikse vriendelike aanmaning dat ons versigtig moet wees met ons aanlyn-aksies
en voortdurend op datum moet bly van verwikkelinge om ons inligting te beskerm.

Mag jou 2021 ʼn bietjie meer belowend lyk as 2020. Wees veilig.

 

Onderhoud 19-22 Februarie
Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 19 Februarie onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.
   
Vaste internetfooi nou ingesluit by netwerktoegang
Aan die einde van 2019 het die US Raad saam met die jaarlikse begroting, ook ʼn nuwe internetmodel goedgekeur. Vanaf vanjaar sal die jaarlikse internetfooi ingesluit word by die netwerkregistrasiefooi wat die heraktivering van gebruikersname insluit.
FortiClient vervang Citrix Gateway
Heelwat personeel gebruik reeds vir ʼn geruime tyd die FortiClient VPN om toegang te kry tot die Universiteit se interne dienste. FortiClient is egter gebou op verouderde tegnologie en sal nie meer die verstek VPN diens wees vanaf einde Februarie 2021 nie.
Elke dag is Dataprivaatheidsdag
Databeskermingsdag is net een dag in die jaar waar data-eienaars (enigiemand wat ʼn digitale platform gebruik) bewus gemaak kan word van die belangrikheid van data. Ons moet egter elke dag kennis dra van die risiko’s. Hoe kan jy jou data beskerm?
WhatsApp privaatheidsverstellings:
Bly of gly jy?

WhatsApp se onlangse privaatheidsbeleid versoek dat Facebook toegang kry tot jou WhatsApp data. Eyewitness News het met die tech-deskundige, Arthur Goldstuck, gepraat om vas te stel of dit nodig is om na alternatiewe te kyk.
  Regering stel sy eie
webblaaier vry
  Waarskuwing:
Sextortion
e-pos

  Heraktiveer jou
netwerktoegang
(gebruikersnaam)
voor 1 April
  Hoekom command lines
nuttig is vir navorsers?

  Internet nie beskikbaar
op 20 Februarie
  WhatsApp vs Telegram
vs Signal
  Versigtig vir Telegram se
gespreksgroepe
  Wat is Signal?
  Gaan WhatsApp jou data
met Facebook deel?
  MatiesWiFi vervang
deur Eduroam
  Hoe om Junk mail en phishing
te rapporteer
  Wil jy ʼn fout aanmeld?
  IT HUB: slegs per afspraak
  Apparatuurondersteuning
  Outlook Public folders uitgefaseer
  Teams-opnames gestoor
in OneDrive & SharePoint
  Wat is Safelinks?
  Nuttige skakels vir Teams
  Verander jou wagwoord tuis
   
 
   
.

  Vir nuus oor tegnologie en nuus vanaf IT volg ons op Twitter.
     
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.