DIENSTE | MELD `n VERSOEK AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH

 

Beskerm jouself

Teen dié tyd het `n groot groep van ons reeds ons eerste inenting agter die rug en sal ons hopelik binnekort beter beskerm wees as ons die buitewêreld moet aandurf. Gelukkig is dit makliker om ons digitale lewens te beskerm en in vandag se uitgawe vertel ons, onder andere, meer van die ekstra sekuriteit wat ons op kampusrekenaars implementeer het.

Neem asseblief kennis dat die IT-Hoofgebou tans gesluit is weens `n positiewe COVID-geval, maar dat dit weer oopgestel sal word op Dinsdag, 10 Augustus.

Tot volgende keer. Bly warm, bly veilig.


Ekstra vlak van sekuriteit vir rekenaars op kampus
Kubermisdaad is ʼn veld wat voortdurend ontwikkel. Alhoewel die groter meerderheid virusse aanvanklik as poetse geskep is, is dit deesdae noodsaaklik om op hoogte te bly met die verskeie risiko's op die internet as jy veilig aanlyn wil wees. Lees verder
   
IT-dienste beperk weens COVID
Weens `n posititewe COVID-geval is die IT-Hoofgebou verlede week gesluit en sal dit eers weer oopgestel word op 10 Augustus 2021. Lees verder
   
Kuberafknouery en die Reg aanlynwebinaar
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid, in samewerking met Afdeling Studentesake,se veldtog teen kuberafknouery begin die maand met 'n aanlynwebinaar "Kuberafknouery en die Reg" met advokaat en sosiale media kenner, Emma Sadleir. Lees verder

 

 
  NUUSHAPPIES
  Covid-19 digitale lokvalle om van te weet
  Google weet altyd waar jy is, maar jy kan dit verander.
  WhatsApp sal jou binnekort by aktiewe groepoproepe laat aansluit
  BELANGRIKE INLIGTING
  Hoekom neem dit so lank om my nuwe rekenaar te kry?
  WiFi toegang op kampus
  WiFi tydens beurtkrag
  SUNLearn ondersteuning
  IT HUB: slegs studente
  Foutrapportering FAQs
  Ondersteuning: tye en
prosedure
  HANDIGE WENKE
MS Teams vergaderings:
beter werkverrigting
Handige OneDrive-wenke
  Hoe om Junk mail en
phishing te rapporteer
  Wagwoordverandering
  Vergroot jou font
VORIGE ARTIKELS AANLYN

  Vir nuus oor tegnologie en nuus vanaf IT volg ons op Twitter.
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.