DIENSTE | MELD `n VERSOEK AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Tyd en tegnologie

Dit bly ʼn uitdaging om ʼn gesonde balans tussen werk en persoonlike lewe te handhaaf wanneer tegnologie dit toenemend moontlik maak om altyd beskikbaar te wees.

Die maand kyk ons na enkele hulpmiddele om jou lewe te vereenvoudig, hetsy dit is om WiFi op kampus op te spoor deur middel van ʼn interaktiewe kaart of die grootte van jou skerm se letters te vergroot. Besonder handig is ons ICT Partner Portal waar jy self IT dienste of hulp kan versoek. In plaas van die Dienstoonbank skakel teken dit sommer self aan en dit word direk aan die regte persoon toegeken.

Vir diegene wat ʼn ruskans kan vat oor die skoolvakansie, geniet dit en bly veilig. Tot volgende maand.


Kry tyd met FindTime
As jy gereeld vergaderings moet reël weet jy dat dit dikwels `n uitdaging is om die gepaste tyd in almal se skedules te kry. Gelukkig het Microsoft ʼn oplossing met een van hulle Office365-toepassings. Lees verder
   
WiFi in geboue
Bykans 'n jaar gelede het Fasiliteitsbestuur hulle interaktiewe kampuskaart bekendgestel. Dié aanlyn-toepassing is in samewerking met Informasietegnologie en Esri Suid-Afrika ontwikkel en is veral handig vir nuwe studente wat nog nie bekend is met die kampusomgewing nie. Lees verder
 
WiFi tydens beurtkrag
Ons besef dat ʼn stabiele internetverbinding in klaskamers krities is vir dosente om akademiese inhoud na studente te stroom. In die meeste universiteitsgeboue is daar kragopwekkers in plek om rugsteuning te verskaf gedurende beurtkrag. Lees verder
 
Vergroot jou font
Lyk die karakters in jou e-posse skielik beduidend kleiner lyk as net ʼn jaar of twee gelede? Nie? Dan is jy duidelik te jonk. Vir die res van ons wat ons oë op skrefies trek in plaas van ʼn leesbril te kry – daar is ʼn oplossing. Lees verder
- Gebruik jy Eduroam?
- Nuttige Windows 10
funksies
- Wie hou jou aanlyn
dop?
- SUNLearn:
ondersteuning
- Nuwe studente-
on-boarding webwerf
- Kyk wat kan jou
Google-kalender doen!
- Blok irriterende
foonnommers

- IT HUB: slegs studente
- Meld ʼn versoek aan
- Ondersteuning: tye
en prosedure
- Elektronika-tekort
- Wagwoordverandering
- Rapporteer Junk mail
en phishing
- Internettarief
deel van
gebruikersnaamfooi
- Eduroam vervang
Maties WiFi
- Versigtig vir Reply All
- E-pos aan groot groepe
- VPN vir Linux
- Citrix Gateway vervang
FortiClient
- Totsiens Inetkey
- Maak gereed
vir POPIA

  Vir nuus oor tegnologie en nuus vanaf IT volg ons op Twitter.
     
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.