DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Tyd vir huisskoonmaak

Soos ons geleidelik uit ons winterhibernasie kom en die warmer weer kan benut, is daar ook enkele administratiewe takies wat wag. Die eerste hiervan is ons onderhoud die naweek.

Aangesien die meeste van ons steeds tuis werk is daar `n paar goed om in ag te neem. Een hiervan is die heraktivering van jou programmatuur-lisensies. Indien jy nie op die US-netwerk aangeteken het die afgelope paar maande nie, is dit nodig dat jy binnekort jou Windows en Office programmatuur-lisensies heraktiveer.

Geniet die nuwe, meer aangename lentedae terwyl jy kan - met ons Kaapse weer weet jy nooit wanneer die volgende reën- of sneeubui oppad is nie.

 

Windows & Office
lisensie-aktivering verval binnekort
As jy sedert die begin van grendeltyd nog nie op kampus was of deur middel van `n VPN aangeteken het nie en steeds gelisensieerde Universiteit Stellenbosch Windows of Office gebruik, sal jy binnekort kennisgewings ontvang dat jou lisensies gaan verval.
Onthou om te registreer vir MFA
Verlede maand het ons jou vertel van die beplande implementering van MFA.  Dankie aan die 28 671 personeel en studente wat reeds registreer vir die gebruik van MFA. 
IT-onderhoud: 11 tot 14 September
Informasietegnologie sal die naweek geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.
Die ontwikkeling van `n sterker ondersteuningsbasis vir
Leertegnologie-stelsels

Oor die afgelope ses maande was dit die verantwoordelikheid van die Leertegnologie-spanne (IT & CLT) om te verseker dat alle studente en personeel optimaal ondersteun word op SUNLearn, SUNOnline en verwante Leertegnologie-stelsels.
Microsoft skakel oor na
veiliger enkripsie
Microsoft het onlangs aangekondig dat hulle nie meer TLS 1.0 en 1.1 in Office365 gaan gebruik nie. Maar wat beteken dit vir jou?
  Wat is passphrases en hoe kan dit jou beskerm teen kuberkrakers? In hierdie video bespreek Miles Technologies die belangrikheid van passphrases, `n minder komplekse en veiliger manier om jou aanteken-inligting te beskerm.
 
 
 
Apparatuurondersteuning
gedurende grendeltyd
SA stel gratis Covid-19
kontak nasporings-
toepassing bekend
5 tekens dat jy
gekuberkraak is (en wat om te doen)
  TENET, US se
internet-diensverskaffer
word 20 dié jaar
 
  SUNLearn-hulpbronne
  Tegniese gids vir
assessering op SUNLearn
  Riglyne vir studente
aanlyn-leer
 
Teams: nuttige skakels
Outlook se
Report Message add-in
funksie te gebruik
Uit te teken van Cortana
se kennisgewings
Jou wagwoord tuis te verander
Aanlyn by Microsoft
te leer
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.