Kubersekuriteit: almal se verantwoordelikheid
Ons weet reeds dat al ons internetdata versamel, gestoor en analiseer word. Met onlangse, plaaslike databreuke, soos die Experian-databreuk, kan ons ook met sekerheid aanvaar dat ons persoonlike inligting, bv. werknemerdetails, ID-nommer en tuisadres op die internet aan kuberkrakers verkoop word.
Dis `n gegewe dat jy jouself teen kuberaanvalle en identiteit-diefstal moet beskerm. Oktober is Kubersekuriteit-bewustheidsmaand en ons daarom deel ons artikels wat jou kan help om dit te doen .Volg ons asseblief ook op Twitter vir die nuutste inligting.
Tot volgende keer. |