2020 op die afdraand
Daar is slegs agt weke oor van 2020. Teen hierdie tyd van die jaar ontdek ons gewoonlik dat daar te min weke oor is om alles in te pas wat beplan is. Hierdie jaar was dit selfs meer die geval met maand na maand wat in die donker vakuum van die pandemie verdwyn het.
Desnieteenstaande kan ons net soveel verrig onder omstandighede. Ek hoop die laaste stukkie van jou jaar is `n gesonde balans tussen produktiwiteit en rus vir jou siel.
Tot volgende keer.
NS. Vir nuus uit die tegnologie-wêreld en die nuutste IT-nuus volg ons asseblief op Twitter? |