DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Steeds hier

Dis die sewende week van grendeltyd en die agt-en-veertigste (min of meer) dag van werk en skoolgee by die huis terwyl ons terselfdertyd probeer om ʼn pandemie te oorleef.

Hier by IT het ons nie net teen `n geweldig verhoogde tempo begin werk nie, maar van ons personeel moes ekstra ure en laat nagte ook insit om te verseker dat platforms en dienste gereed is sodat personeel tuis kan werk en studente toegang tot klasse en leermateriaal het. Bo en behalwe hierdie uitdaging moes ons ook sorg dat skootrekenaars aan studente afgelewer word, gratis data verskaf word en webwerwe kosteloos gebruik kan word. Ons dink dis nogal ʼn prestasie onder omstandighede – al moet ons dit self sê.

Alhoewel die meeste van ons personeel en studente geduldig en ondersteunend was, ondervind ons ondersteuningspersoneel steeds soms onbeleefd is en onredelik in die eise wat gestel word. Hou asseblief in gedagte dat ons dieselfde uitdagings as jy ondervind gedurende hierdie tydperk.

Tot volgende keer, bly veilig.

 

ZOOM nie aanbeveel vir vergaderings nie
Gedurende die afgelope paar weke moes die meeste van ons nuwe metodes kry om ons verbindings met ander mense te volhou, Zoom het die gewilde keuse geword vir enigiets van aanlyn oefenklasse tot vasvra-kompetisies.
Wat is MFA?
Sekuriteitsrisiko's en innoverende kuberkriminele is niks nuut nie. Wanneer ons tuis werk, neem hierdie risiko's beduidend toe. Die enigste wyse hoe ons sekuriteitsbreuke kan bekamp is deur ekstra maatreëls in plek te sit. Veelfaktor-bekragting (MFA) is een hiervan.
Sun e-pos vir persoonlike doeleindes
US-personeel is onlangs onkant gevang met dreigende e-posse van kuberkriminele. Spesifiek e-posse met die doel om die ontvanger te oortuig dat die kuberkrimineel sensitiewe videomateriaal van die ontvanger het waarmee hy afgepers kan word.
Onwettige programmatuur
op batetoerusting

Universiteit Stellenbosch rekenaars en ander toestelle word toegerus met die nodige sagteware om te verseker dat personeel hulle werk effektief kan verrig. Indien jy onwettige sagteware aflaai, stel jy jouself en die Universiteit bloot.
<
  NUUS
 
  Strikroof vanaf `n
vals e-pos
  Amptelike kommunikasie
oor e-Leer, skootrekenaars,
data, ens.
  Registreer vir
SUNSurveys
  SU Gesond en
Welwees: hulpbronne
en dienste
  US opvoedkunde
studente neem leiding
met e-leer
  WERK TUIS
Laai Office-
toepassings af
Office selfhelp
Programmatuur-hub
Gereedskap vir afstandwerk
Microsoft Teams:
`n Gids
Gids vir aanlyn leer vir studente
Verander jou
wagwoord tuis
 
COVID-
INLIGTING
 
SU COVID-19
inligting
 
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.