DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Vasbyt en aanhou

Ons weet julle mis ons vreeslik (wensdenkery, ons weet!) Daarom wil ons julle herinner dat, selfs al is ons personeel wyd en syd verspreid, is ons steeds hier vir jou. Net ingeval julle vergeet het hoe ons lyk, hier is ons in ons natuurlike tuiswerk-habitat. Julle sal opmerk dat ons nog nie ons sin vir humor verloor het nie.

In dié maand se nuusbrief sal julle hulpbronne kry wat kan help om die tuiswerk-ondervinding minder pynlik te maak. Indien julle enige ander voorstelle het, laat weet gerus en ons sit dit by.

Tot volgende keer, wees veilig.

 

Leertegnologie-spanne
werk steeds oortyd
Oor die afgelope twee weke het ons menige opwindende projekte afgeskop en afgesluit. Terselfdertyd het ons hard gewerk om die stabiliteit van SUNLearn betyds te versterk voor die volgende eksamenperiode.
OneDrive vir jou data
OneDrive is 'n lêer-bergingsdiens wat jou toelaat om werk-lêers te stoor, deel en sinkroniseer. Dit voldoen aan internasionaal erkende inligting-sekuriteitstandaarde, maar bly steeds jou verantwoordelik om dit veilig en verantwoordelik te gebruik.
Apparatuurondersteuning
gedurende grendeltyd

Alhoewel Informasietegnologie ten volle operasioneel is sedert die begin van die grendeltyd, was daar funksies wat ons nie kon verrig nie. Sedert die instelling van Vlak 3 is sommige hiervan, soos herstelwerk en die ontvang van nuwe bestellings, weer moontlik.
Onderhoudsnaweek: 17 Julie
Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 17 Julie geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

  NUUS
 
Kubersekuriteit gedurende
grendeltyd (potgooi)
  Aanlyn Excel-opleiding
Dateer jou persoonlike
inligting op
  Nuwe Microsoft Teams
funksies oppad
  SU hackaton
  POPI wetgewing in effek
1 Julie
  Zero-tarief webwerwe
  LEER- HULPBRONNE
  SUNLearn-hulpbronne
  Tegniese gids vir
assesering op SUNLearn
  TUISWERK
HULPBRONNE
Laai Office-
toepassings af
Office selfhelp
Programmatuur-hub
Hulpbronne vir
afstandwerk
Microsoft Teams:
`n Gids
Riglyne vir studente
aanlyn leer
Verander jou
wagwoord tuis
 
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.