DIENSTE | MELD ’N VERSOEK AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Hallo 2020

Met die eerste maand van die nuwe dekade agter die rug is dit dalk te laat om jou ʼn voorspoedige jaar toe te wens? Nietemin – mag 2020 jou goed behandel. Ons sal aan die kant alles binne ons vermoë doen om die internet aan die gang te hou en die kuberkriminele in hulle spore te stuit.

Een poging om kuberrisiko's te verminder is die plasing van ʼn nuwe waarskuwingsbanier bo-aan alle eksterne e-posse. Kyk uit vir die geel banier! Intussen, sterkte met die eerste skof van die akademiese jaar en sien jou in Maart.

 
Suksesvolle e-Registrasie voltooi
Die IT-afdeling het ’n wesenlike bydrae gelewer tot ’n relatief suksesvolle e-registrasie. Teen Donderdag, 30 Januarie, het 16 172 studente vir die 2020 akademiese jaar reeds aanlyn registreer.
Inetkey: DIe einde is in sig
Sedert Januarie samel Inetkey nie meer inligting oor datagebruik vir rekeningdoeleindes in nie. Daar sal inderwaarheid voortaan geen kostes meer vir gebruik wees nie.
Koshuis WiFI hernuwingsprojek
goed op dreef

Informasietegnologie se netwerk-infrastruktuurspan het oor die afgelope twee jaar hard gewerk om te verseker dat koshuise toegerus is om effektiewe WiFi netwerktoegang aan studente te verskaf.
Impak van die internet kabelbreuk
Die probleme met internetspoed wat Suid-Afrikaners tans ervaar is reeds vir weke lank in die nuus. Maar hoe het dit ons eie Universiteitsgemeenskap beïnvloed? 
   
  BELANGRIKE
KENNISGEWINGS
   
  Nuwe waarskuwings-
banier vir jou e-pos
   
  Probleme met kaarttoegang
op kampus
   
  NB
TeraTerm-
gebruikers
   
  NUUSHAPPIES
 
  Dataprivaatheid Dag
  Die einde van Windows 7
  Nuutste IT-fooie
vir 2020
Nuwe toepassing
gee hoop vir
haweloses
 
 
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.