Totsiens 2020 
                                          In vandag se nuusbrief sê ons totsiens aan public folders, MatiesWiFi en FortiClient VPN. Hoekom? Net soos  2020 het  dié programmatuur ook die einde van hulle  lewensiklus bereik. In hulle plek sit ons nuwe toepassings wat veiliger is vir jou en die Universiteit. 
                                          Oor `n paar weke is dit ook die einde van `n onvoorspelbare, bisare en uitdagende jaar. Ons kan maar net hoop dat daar volgende jaar `n mate van verligting sal kom en ons een of ander tyd kan teruggaan na normaal, al is dit `n "nuwe normaal". Lees ook ons Senior Direkteur, Attie Juyn, se terugblik op 2020. 
                                        Wees veilig  gedurende die komende hoë-risiko vakansietyd en geniet die rustyd. 
                                        Tot volgende jaar.  |