DIENSTE | MELD `n FOUT AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Vroue by die werk

Augustus word geassosieer met Vrouedag, ʼn herdenking van die gebeure in 1956 toe 20,000 vroue opgemars het na die Uniegeboue om protes aan te teken teen die land se paswette. Maar dis ook ʼn geleentheid om die gebrek aan vroueregte regoor die wêreld uit te lig. Vandag is daar steeds 104 lande waar sekere beroepe die deur vroue beoefen mag word nie; 113 lande waar geen wette is om gelykheid t.o.v. salarisse tussen mans en vroue te verseker nie en in die VSA, ʼn eerste-wêreldland, is vroue steeds nie geregtig op betaalde kraamverlof nie. In Suid-Afrika die voorkoms van moord op vroue (femicide) 5 keer hoër as die globale gemiddeld en elke 3 ure word ʼn vrou in ons land vermoor.

Volgens ʼn artikel wat vroeër die jaar publiseer is, is vroue in die tech-industrie onderbetaal en swak verteenwoordig. By IT probeer ons voortdurend ons vroue-personeel uitbrei, veral in posisies wat tipies as meer gepas vir mans beskou word, byvoorbeeld rekenaartegnici.
Met ʼn 31% tot 69% ratio is ons nog nie heeltemal daar nie, maar ons beweeg stadig in die regte rigting.

Hoe jy ookal kies om jou Vrouedag Maandag te spandeer, mag dit ʼn bemagtigende een wees.

 

Registreer vir MFA voor 14 Augustus
Informasietegnologie het onlangs MFA beskikbaar gestel vir ons personeel en studente. Teen middel-Augustus sal alle personeel en studente verplig word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik om hulle data en die US-netwerk te beveilig.
Is Zoom veilig om te gebruik?
Twee maande gelede het ons afgeraai dat Zoom gebruik word vir universiteitsake. Die hoofrede vir die besluit was ernstige leemtes in Zoom se sekuriteitsmaatreëls wat gelei het tot, onder andere, sekuriteitsbreuke in hoë-profiel vergaderings.
Stuur e-pos vir groot groepe
Soms is dit nodig om e-pos te stuur aan eksterne studente of ander groot groepe mense wat nie deel is van die sun-domein nie. Indien jy tans Outlook verspreidingslyste gebruik, stel ons voor dat jy oorskakel na die Sympa verspreidingslys bestuursplatform.
Microsoft Teams bemagtig studente en personeel om tuis te werk
In reaksie tot COVID-19 het Informasietegnologie onmiddellik begin voorberei vir aanlynleer, sowel as reëlings vir die skep van `n tuiswerk-infstrastruktuur.
Aanlyn-eksamens
gedurende grendeltyd
Binne ʼn geweldige kort tydperk is ʼn uitsonderlike poging deur, onder andere, IT, SLT, die Skeduleringskantoor en gemengde leer-köordineerders gemaak om te verseker dat die mid-jaar eksamens tydens grendeltyd kan voortgaan.
  Veelfaktor-bekragtiging (MFA), ook bekend as Tweestap-bekragtiging is die beste en maklikste manier vir organisasies om ʼn addisionele vlak van sekuriteit te vestig om sensitiewe data te beskerm teen kuberkrakers. In hierdie video bespreek Miles Technologies die belangrikheid van MFA en hoekom elke organisasie dit behoort te gebruik.
 

 
 
Apparatuurondersteuning
gedurende grendeltyd
  Aanlyn Excel-opleiding
  Sluit van studente-
kwotas
Die Fasiliteitsbestuur
mobiele toepassing
is
verwyder van toepassing-winkels
aangesien dit nie meer
ondersteun word nie. Die afdeling
sal voortaan fokus op hulle
kampuskaart-strategie.
  Reuse ballone bring die internet
na Afrika
  Hulpmiddele vir navorsers
wat saam werk
 
  SUNLearn-hulpbronne
  Tegniese gids vir
assessering op SUNLearn
  Riglyne vir studente
aanlyn-leer
 
Teams: nuttige skakels
Hoe om Outlook se
Report Message add-in
funksie te gebruik

Teken uit van Cortana
se kennisgewings
Verander jou wagwoord tuis
(pdf-dokument)
Hoe om verkeerde en
vals inligting uit te ken
 
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.