DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

   

UITGEVANG

Ten spyte van waarskuwings en artikels oor strikroofaanvalle word ons personeel en studente steeds weekliks uitgevang. Die hoë voorkoms van gekompromitteerde rekeninge beklemtoon dat dit steeds noodsaaklik is om bewustheid oor kubersekuriteit te kweek.

Kuberkriminele teiken Universiteit Stellenbosch spesifiek, moet dus nie aanneem jy kan nie ’n slagoffer wees nie. Hoewel Informasietegnologie sekere sekuriteitsmaatreëls in plek kan sit, kan ons nie keer dat jy op skakels in e-posse te kliek nie. Dis jou verantwoordelikheid om die kenmerke van ’n strikroof e-pos uit te ken en nie jou persoonlike inligting te deel nie. In hierdie uitgawe herinner ons jou weer waarvoor jy moet uitkyk.

 
   
 
NUUS
+ Google gaan 30k Suid-Afrikaanse leerders in rekenaarwetenskap oplei
+ Multi-Dissiplinêre Opvoeding in die 4IR era
+ Het jy nog Windows 7?
+ Vir die nuutste inligting, volg ons op Twitter

GESKEDULEERDE ONDERHOUD: 6-9 SEPTEMBER

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 22:00 Vrydag, 6 September tot 08:00 Maandag, 9 September. Verskeie stelsels en dienste sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie.

KUBERSEKURITEIT
+ Die beste wagwoordbestuurders van 2019
+ Wat is kuberoorlog en hoe kan dit jou beïnvloed?
+ Moet jy bekommerd wees as jy gereeld inhoud aanlyn stroom?
+ Hoe goed is jou kennis van kubersekuriteit? Hier is ’n vasvra om uit te vind.

NOG PERSONEELREKENINGE BLOOTGESTEL
Verskeie personeelrekeninge is die afgelope tyd in gevaar gestel omdat enkele personeellede op skakels in strikroof e-posse gekliek het.

HOE OM ’N STRIKROOF E-POS UIT TE KEN
Phishing is ’n metode wat kuberkriminele gebruik om vertroulike inligting te bekom. Meer oor phishing.
SUNFIN BLY OP KOERS
.Die SUNFin Implementerings-projek bly op koers vir ons teikendatum van Januarie 2021. Ons was druk besig met die voltooiing van RAPID sigblaaie waarin die Universiteit  Stellenbosch data vervat.
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.