DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

   

NOG ’n DATABREUK

Facebook is alweer in die nuus. Vroeër die week is bekendgemaak dat ’n nuwe logo oor die volgende paar weke uitgerol gaan word. Kort voor lank het hulle weer opskrifte gehaal, die keer om minder positiewe redes. Blykbaar het ’n honderd derdeparty-programmeerders toegang gehad tot gebruikers se data − onthutsende nuus vir gebruikers van Facebook, Instagram en WhatsApp.

Gepraat van sekuriteitsrisiko's, ’n besondere hardnekkige strikroofpos treiter ons die afgelope maand en personeel, sowel as studente se rekeninge word steeds in gevaar gestel. Wees asseblief versigtig en moenie lukraak op skakels kliek of op e-posse reageer nie. Vir die nuutste wenke, nuus en riglyne, volg asseblief ook ons Twitter-rekening.

 
   
 
KONTANTLOOS MET SNAPSCAN

Universiteit Stellenbosch is die eerste Suid-Afrikaanse Universiteit wat die SnapScan binne-toep betalingsoplossing vir betalings op kampusse gaan gebruik.

KUBERSEKURITEIT
+ 5 tekens van ’n teiken-strikroofaanval
+ Twee voormalige Twitter werknemers aangekla vir spioenasie
+ Veilige sagteware- en regstelsels nodig vir kubersekuriteit
+ Wees kuberveilig: Rugsteun
+ Toets jou kubervaardighede


TECH NUUS
+ LaunchLab stel skool vir programmeerders bekend
+ Inside Amazon's plan for Alexa to run your life
+ WhatsApp kry vingerafdruk-sekuriteit op Android
+ Ransomware: Gemiddelde losprys-uitbetaling styg na $41,000
+ Vir die nuutste nuus, volg ons op Twitter


KYK
+ Is ’n VPN regtig nodig om jou data te beskerm? Deskundige Tom Scott dink nie so nie. (video)
EVA VIR BESOEKERSTOEGANG
eVA (eduroam besoekerstoegang) is ’n nuwe diens wat besoekers aan hoër onderwys- en navorsingsinstellings toelaat om toegang tot die veilige en sekure eduroam Wi-Fi netwerk te verkry.
PHISHY E-POS?
Strikroof e-posse kan senutergend en skrikwekkend wees. In die meeste gevalle sal jou rekenaar nie besmet word as jy nie op skakels kliek of daarop reageer nie. Hier's wat jy wel kan doen.
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.