DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

HERAKTIVEER EN DATEER OP!

Alhoewel dit klink na ʼn nuwe politieke verkiesingskreet, is dit eintlik net die jaarlikse aanmaning om jou digitale rekeninge te heraktiveer sodat jy nog ʼn jaar van ononderbroke e-pos en internet kan hê.

En terwyl jy aan die gang is, dateer sommer jou persoonlike details aanlyn op? (ons sal jou sê hoe) Maar hoekom? Weens die nuwe databeskermingswette kan die IT Dienstoonbank nie meer jou wagwoord namens jou verander nie. Deur seker te maak jou details is op datums, kan jy voortaan self jou wagwoord op die Wagwoord Selfhelp webwerf verander.

 
   
 
HERAKTIVEER VOOR 1 APRIL
Alle personeel se netwerktoegang verval einde Maart, tensy jy heraktiveer natuurlik. Ons stel voor jy hanteer dié admintakie so gou as moontlik om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot e-pos, internet, SUN-e-HR,ens. het.
NUUS
+ Industrie-wye tekort aan verwerkers
+ Techsmith relay vir lesingopnames
+ Kan jy ʼn nagemaakte foto uitken?
+ Facebook se tienjaar-uitdaging wys dat ons drang om in te pas ons wantroue in sosiale media troef
+ This person does not exist is die beste eenmalige webwerf van 2019 (so ver)
+ Wanneer kinders besef dat hulle hele lewe sonder hulle wete reeds aanlyn is
+ Vir meer nuus en belangrike inligting, volg ons op Twitter

KUBERSEKURITEIT
Die persentasie Suid-Afrikaners wat dieselfde wagwoord vir al hulle aanlynrekeninge gebruik
+ Voorkom dat toepassings jou data steel: 7 wenke
+ Facebook se twee-fase bekragtiging stel sekuriteit voor privaatheid
+ Strikroof- vs geteikende strikroof- vs walvisaanvalle: wat is die verskil?
+ 10 aanhalings oor privaatheid in tegnologie wat jou sal laat wonder
+ Vorm-kaping: die nuutste kubergevaar
+ GDPR: Beskerm jou data
 
LEWE SONDER KUBERSEKURITEIT (video)

Hoe sou die wêreld lyk sonder kubersekuriteit? Die sekuriteitsmaatskappy Thales het ʼn film gemaak oor die invloed van kuber-sekuriteit op ons daaglikse lewens.

VERANDER JOU WAGWOORD AANLYN

Weens sekuriteitsrisiko's en streng databeskermingswette kan die IT Dienstoonbank voortaan nie meer wagwoorde verander nie, maar die goeie nuus is dat jy wel kan.

STELSELONDERHOUD: 22-25 MAART

Geskeduleerde onderhoud van IT-stelsels word beplan vir die naweek van Vrydag 22 Maart om 17:00 – Maandag 25 Maart om 07:00.

US DATAPRIVAATHEIDSREGULASIE NOU BESKIKBAAR
Die Universiteit is daartoe verbind om die privaatheid van US-studente, -werknemers en -vennote te beskerm ooreenkomstig POPIA en verbandhoudende Suid-Afrikaanse wetgewing, toonaangewende internasionale praktyk en die US se verbintenis tot goeie institusionele oorsigbestuur.
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.