DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

TOTSIENS WINDOWS 7

Op 14 Januarie 2020 word alle ondersteuning vir Windows 7 beëindig. Na tien jaar het hierdie bedryfstelsel die einde van sy lewensiklus bereik en indien jy dit steeds gebruik, is dit tyd om iets nuut te kry. Die goeie nuus is dat ons dit gratis vir jou sal opgradeer indien jou rekenaar se hardeware dit kan hanteer.

Met elke nuusbrief wat ons uitstuur probeer ons om die mees relevante en nodige inligting vir julle te gee, maar ons wil graag ook julle opinie hoor. Sal julle omgee om ʼn baie kort opname te voltooi om ons te help? (sien onder)

 
   
 
ONS HET JOU NODIG!
Bits & Bytes word eenmaal per maand aan personeel gestuur, maar nou het ons ook julle insette nodig. Ons het ʼn kort opname met slegs 5 vrae saamgestel en sal dit waardeer as julle vir ons insette kan gee.
NUUS EN WENKE
+ Hoe om nagemaakte foto's uit te ken
+ Slagoffers van vals nuus ontmoet Twitter en Facebook verteenwoordigers
+ 3 maniere om beheer te neem van die algoritmes in jou lewe
+ Studie: Foonverslaafdes is die nuwe dronkbestuurders
+ US kan optree teen aanlyn-wangedrag
+ Vir meer nuus en belangrike inligting, volg ons op Twitter

KUBERSEKURITEIT
+ Hoe rapporteer ek phishing?
+ Oppas vir suspisieuse oproepe na aanlyn-aankope
+ Die nuutste Whatsapp skelmstreke
+ Aanlyn-kaartjie kullery: Moenie daarvoor val nie
 
IETS SNAAKS
Techcentral se spotprenttekenaar, Jerm oor wagwoorde.
GEBRUIK JY NOG WINDOWS 7?

Ondersteuning vir Windows 7 kom binnekort tot ʼn einde. Na 14 Januarie 2020 sal Microsoft nie meer sekuriteitsopdaterings of ondersteuning verskaf aan rekenaars wat Windows 7 gebruik nie.

BIBLIOTEEK-NAVORSINGSWEEK
Die jaarlikse Biblioteek Navorsingsweek vind volgende week, vanaf 13-17 Mei, plaas.​ Dié jaar se tema is "Wees ’n slim navorser".
US ADMINISTRASIESTELSEL ONDERBREKING: TERUGVOER

Gedurende die laaste week van April is ’n groot gedeelte van ons studente en personeel negatief beïnvloed deur ʼn ernstige onderbreking van die finansiële- en studenteinligtingstelsels.

  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.