DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

 

JOU INSETTE

In die vorige Bits & Bytes het ons gevra of jy ’n kort opname kan invul. Dankie aan almal wat reeds deelgeneem het. Die terugvoer was oorweldigend positief en ons het nuttige insette gekry. Een behoefte was vir meer nuus oor opleiding en daarom sal ons voortaan gereelde artikels plaas oor die sagteware wat ons ondersteun, sowel as die opleiding wat daarvoor beskikbaar is.

Indien jy steeds jou opinie oor die Bits & Bytes wil lug, het jy tot einde Junie kans om dit aanlyn te doen. Onthou ook om so gou moontlik op te gradeer as jy nogsteeds Windows 7 op jou rekenaar het. Meer inligting is beskikbaar onder NUUS.

 
   
 
MICROSOFT 365 vs OFFICE 365
Konsekwentheid van produkname is belangrik as jy nie jou kliënte wil verwar nie, maar as jy ’n magdom produkte het wat elkeen verskeie weergawes het, kan dinge begin deurmekaar raak.
NUUS
+ Excel-kursusse vir personeel
+ Gebruik jy steeds Windows 7?
+ Inetkey Android-toepassing tydelik nie beskikbaar op Google Play store
+ Hoe Google jou dophou—en hoe om dit te stop
+ Vir die nuutste inligting, volg ons op Twitter

KUBERSEKURITEIT
South Africa is heeltemal onvoorbereid om groeiende kuberbedreigings te kan hanteer
Volgens Noelle Cowling, ’n navorser en dosent in die Departement Strategiese Studies, is Suid-Afrika ideaal vir georgaiseerde misdaadgroepe omdat ons die infrastruktuur het wat hulle nodig het – goeie kommunikasie, redelike onderrig en ’n stewige finansiële stelsel, maar ’n swak regering met korrupte amptenare.
+ SA is ‘veilige hawe vir kuberkriminele
+ ‘Ek was ’n Noord-Macedoniese fopnuus-skrywer
+ Vermy so phishing
+ Hoe om phishing te rapporteer: ’n Kort video
ONDERHOUDNAWEEK: 28 JUNIE

Geskeduleerde onderhoud van IT-stelsels word beplan vir die naweek van 28 Junie – 1 Julie vanaf 17:00 Vrydagmiddag tot 08:00 Maandagoggend.

SUNSTUDENT EN SUNFIN PROJEKTE SKOP AF
Die nuwe SUNStudent en SUNFin projekte is onlangs aan kampus bekendgestel. Beide stelsels sal wolkgebaseer wees en beloof om die US in ’n nuwe tegnologiese era te lei.
IETS INTERESSANT
Masjienleer navorsers het ’n stelsel gebou wat lewensgetroue beweging kan skep uit slegs een raam van ’n foto of skildery van iemand se gesig, selfs as die iemand die Mona Lisa is.
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.