DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

   

VOOR SOSIALE MEDIA

Kan jy onthou wanneer jou eerste kennismaking met sosiale media was? Dis feitlik ondenkbaar dat dit twee dekades gelede nie eers bestaan het nie. Hoewel Facebook en Twitter eers in 2006 populêr geraak het, is die eerste sosiale media webwerf, Six Degrees, reeds in 1997 bekendgestel.

Laat weet ons by bitsbytes@sun.ac.za wanneer jy dit vir die eerste keer op ’n sosiale media platform gewaag het en of jy steeds ’n ywerige Tweeter of Facebooker is? Ons wil graag van jou hoor.

 
   
 
ONDERHOUD MôREOGGEND
Noodsaaklike noodonderhoud vind komende Saterdag, 13 Julie, vanaf 07:00 tot 12:00 plaas. ’n Groot aantal funksies en toepassings sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie.
NUUS
+ Wat is data-rookmis?
+ Kry beheer van jou Gmail met dié tydbespaarders
+ Google Maps wys nou plaaslike spoedbeperkings
+ Vir die nuutste inligting, volg ons op Twitter

KUBERSEKURITEIT
+ 6 mites oor kuberkrakers wat jou sal verras
+ Jou Facebook-rekening bly ’n risiko
+ Spioen het AI-gegenereerde gesigte gebruik om teikens uit te vang
+ Chinese grenswagte sit afloer-toepassings op toeriste se fone
+ Hoe om phishing te rapporteer: ’n Kort video

IETS INTERESSANT
Het jy al gewonder hoe sosiale media gelyk het 5, 10, 15 jaar gelede? Wel, nou kan jy die mees populêre sosiale media netwerke se groei in geanimeerde formaat sien. Kyk ook ’n bietjie na hierdie gedetailleerde tydlyn van sosiale media.
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH KRAKER-MARATON

Die Universiteit Stellenbosch Kraker-maraton is die resultaat van die samewerking tussen die US en die industrie. Die doel van die maraton is om die gees van entrepeneurskap op kampus aan te wakker en bewusmaking te kweek.

SU STEL GRAAD IN DATA-INGENIEURSWESE BEKEND
Die Fakulteit Ingenieurswese bied vanaf Februarie 2020 'n nuwe BIng-graad in Data-Ingenieurswese aan. Die graad is 'n nuwe spesialisasiestroom in die bestaande voorgraadse graad in Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, oftewel BIng (E&E).
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.