DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

JOU DATA

Elke dag word daar meer as 2.5 kwintiljoen datagrepe geskep. Hoeveel is ʼn kwintiljoen? BAIE. En jy dra elke dag by tot hierdie enorme hoeveelheid data en stel in die proses ook bietjie vir bietjie jou eie inligting bloot. Soos Douglas Rushkoff tereg gesê het: “Everything we do in the digital realm – from surfing the Web to sending an e-mail to conducting a credit card transaction to, yes, making a phone call – creates a data trail. And if that trail exists, chances are someone is using it – or will be soon enough.”

Die vraag is nie meer of jy jou data moet beskerm nie, maar eerder hoe jy dit gaan beskerm. Ons het ʼn paar voorstelle in die week se uitgawe.

 
   
 
ELKE DAG IS DATABESKERMINGSDAG
Databeskermingsdag is in Suid-Afrika nog in sy kinderskoene. Dié inisiatief is reeds sedert 2007 aktief in Europe en twee jaar later het Amerika ook begin deelneem.
TECH-NUUS
+ Filesender - ʼn veilige diens vir die deel van groot leêrs
+ 55,000 Finne gaan AI leer
+ Facebook maak sy kontroversiële iOS-toepassing gemik op marknavorsing toe
+ Hoe het Apple ʼn FaceTime sekuriteitsfout wat privaatheid skend gemis?
+ Japan beplan om 200 miljoen toestelle na te gaan vir sekuriteitsrisikos voor die 2020 Spele
+ Google teiken vervalste webwerwe met ʼn waarskuwing in Chrome
+ VIr meer nuus en belangrike inligting, volg ons op Twitter

WEES KUBERWAKKER
+ Nuutste strikroof e-posse
+ Tien wenke om veilig te wees aanlyn
+ Die sielkunde van spear phishing
+ Is jou wagwoord een van 2018 se wenners?
+ Hoekom jy wagwoordbestuursagteware nodig het
+ ʼn Strikroof e-pos probeer my afpers – wat nou?
 
KYK BIETJIE HIER
Databeskermingsdag se doel is om bewusmaking te kweek oor die belangrikheid van databeskerming en aanlyn privaatheidskwessies. Kubersekuriteitspesialis, Heino Gevers verduidelik in hierdie eNCA-insetsel hoe databeskerming jou direk raak.
KAN JY ʼn STRIKROOF E-POS UITKEN?

Google se Jigsaw-eenheid het onlangs ʼn vasvra publiseer wat mense se vermoeë toets om strikroof e-posse uit te ken. Hoeveel kon jy uitken? Laat weet ons!

TERUGVOER OOR DIE OFFICE365-ONDERBREKING

Op Donderdag, 24 Januarie, vanaf 10:30 tot 22:00 is Outlookgebruikers regoor die wêreld in die donker gelaat.

SUN E-POS VIR KOMMERSIëLE DOELEINDES
Personeel en studente van die Universiteit gebruik elke dag ons sun e-posse - wat sou ons daarsonder doen? Maar het jy geweet dat jy gevolglik ook onderhewig is aan die Elektroniese Kommunikasiebeleid? 
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.