DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

   

DIE LAASTE EEN

En so kom nog ‘n jaar en dekade tot ’n einde. Hierdie is ons laaste nuusbrief vir 2019 en gelukkig kan ons die jaar met goeie nuus afsluit.

Na vele jare in produksie kan ons uiteindelik bevestig dat Inetkey teen middel volgende jaar uitgefaseer sal wees. Reeds vanaf 1 Januarie sal geen internetfooi verhaling met Inetkey gedoen word nie. Dit sal tydelik tot middel 2020 steeds in gebruik wees vir tegniese doeleindes, maar sal slegs gebruik aandui.

Op ’n logistiese noothou in gedagte dat IT vanaf 12:00, 24 Desember tot 08:00, 2 Januarie gesluit is en geen ondersteuning verskaf sal word nie. Julle is egter welkom om enige probleme of versoeke aan te meld op die ICT Partner Portal waarna dit op die 2de Januarie aangespreek sal word.

Al wat oorbly is om julle ’n veilige, vrolike en vreugdevolle ruskans toe te wens en ons sien julle in ’n blinknuwe 2020.

 
   
 
EINDE VAN INETKEY IN SIG
Op Maandag, 2 Desember het die US Raad die begroting vir 2020 goedgekeur. Dié begroting sluit ’n nuwe model in wat befondsing vir internet kapasiteit vir die hele universiteit insluit.
VOOR JY WEGGAAN
Die vakansie is hier en ons glo jy kan nie wag om jou rekenaar af te sit en op te hou werk nie. Maar wag, voor jy gaan ...
   
HERNUWING VAN ADOBE-LISENSIES
Adobe Acrobat-gebruikers mag dalk opgemerk het dat ’n kennisgewing op hulle skerms verskyn met die boodskap dat lisensies gaan verval einde November. Ons het ’n oplossing.
ONDERHOUDNAWEEK: 13-17 DESEMBER

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 13 Desember geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur.

   
KUBERSEKURITEIT
+ Fnuik e-pos kapers
+ Wees kuberveilig: VPN
+ Chrome 79 sal binnekort gebruikers waarsku indien hulle wagwoorde gesteel word
+ Jy't al gehoor van phishing, maar spear phishing?
+ Vir die nuutste nuus, volg ons op Twitter
NUUS
+ ’n Neurale netwerk het geidentifiseer watter dele van Henry VIII Shakespeare nie self geskryf het nie —en wie wel het
+ Die opkoms van EduTube: hoe sosiale media bekendes universiteite beinvloed
+ China se gesigsherkenning uitgerol na mobiele telefone, winkels en tuistes
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.