DIENSTE | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

   

VERANDERING

’n Griekse filosoof het by geleentheid gesê "verandering is die enigste standvastigheid". As hy maar net geweet het hoe toepaslik sy woorde eeue later op tegnologie sou wees.

Vandag se uitgawe is deurspek met artikels oor verandering. Van die klein veranderings soos die opgradering van jou Windows 7 rekenaar tot reuse-veranderinge soos die nuwe studente- en finansiële stelsels. Of ons daarvan hou of nie, veranderinge is ondermydelik en ons sal maar net moet byhou.

 
   
 
DIE EINDE VAN WINDOWS 7
Het jy nog Windows 7 op jou rekenaar? Indien wel, gaan jy binnekort nie meer sekuriteitsopdaterings of ondersteuning van Microsoft ontvang nie en jou rekenaar ook nie toegelaat word op die netwerk nie.
NUUS
+ Windows 10-opgraderings aan die gang
+ En so begin SUNStudent se storie
+ SUNFin bereik sy eerste mylpaal
+ Microsoft faseer binnekort Skype for Business Online uit. Teams is jou voorland.
+ Sluit van was-, maaltyd en drukkwotas op studenterekeninge
+ Vir die nuutste inligting, volg ons op Twitter

KUBERSEKURITEIT
+ Personeel steeds slagoffers van strikroof
Aan die begin van Julie het ons personeel en studente gewaarsku teen die RFQ strikroof-aanval. Personeel het egter steeds op die skakels gekliek en derhalwe hulle eie rekeninge en die netwerk in gevaar gestel.
+ 7 Google privaatheidsverstellings wat jy kan aktiveer

IETS INTERESSANT
Kyk hoe navorsers by Elektroniese Ingenieurswese tegnologie ontwikkel het om renosterstropery te probeer voorkom.
IT-ONDERHOUD: TERUGVOER
Gedurende die naweke van 18 Junie en 12 Julie het Informasietegnologie noodsaaklike onderhoud op verskeie stelsels en bedieners uitgevoer.
LEERTEGNOLOGIE: HOE, WAT EN WAAR?

Oor die jare heen het jy waarskynlik reeds verskeie van hierdie terme gehoor – rekenaargesteunde leer, e-leer, gemengde leer en tegnologie-bemagtigde leer, ens.

INFSTRASTRUKTUUR-ONDERHOUD
Noodsaaklike onderhoud op die rekenaar-infrastruktuur vind op Saterdag, 31 Augustus, vanaf 07:00 tot 12:00 plaas.
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.