VEELS GELUK LIEWE WWW
Op 12 Maart 1989 het Tim Berners-Lee se bestuurder sy voorstel om ʼn groot hiperteks-databasis met skakels te bou goedgekeur. Min wetende dat hierdie klein projek die begin sou wees van wat ons tans as die wêreldwye web beskou. Ten spyte van die positiewe aspekte van Berners-Lee se skepping, is hy nie gelukkig met die eindresultaat nie.
Intussen duur ons frustrasie met Eskom voort en buiten die skade wat beurtkrag verrig aan ons elektroniese toestelle, het dit ook verlede maand veroorsaak dat ons kampus internetloos gelaat is. Ons herinner jou weer aan ʼn paar maatreëls wat jy kan toepas om skade te verminder en verduidelik hoekom ʼn foutiewe opwekker by die Universiteit van Kaapstad veroorsaak het dat die meeste akademiese instellings in die Wes-Kaap tydelik sonder internet was. |