DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

DINK VOOR JY KLIEK

Dis amper belastingtyd en saam met die enkele amptelike SARS e-posse, beland daar ook e-posse wat hulle voordoen as SARS-korrespondensie in sun posbusse. Personeel en studente val steeds op ʼn daaglikse basis vir phishing-truuks en stel rekeninge en die hele universiteitsnetwerk in gevaar.

Dis jou verantwoordelikheid om wakker te wees en twee keer te dink voor jy op skakels kliek en jou gebruikersnaam en wagwoord verklap. Onthou, as jou rekening gekompromitteer word, word jou netwerktoegang dadelik geblok en jou toestelle nagegaan. Ons wil graag hierdie ongerief vir jou vermy.

Is jy onseker hoe om vas te stel of ʼn e-pos phishing is of het jy raad nodig? Laat weet ons by bitsbytes@sun.ac.za

 
   
 
EKSAMEN-TOEPASSING ʼn REUSE SUKSES
Tot onlangs was toegang tot eksamenlokale vir studente ʼn tydrowende handaksie wat uitvoer is deur inligting op toegangslyste na te gaan en af te merk. Nie meer nie!.
WENKE EN KORTPAAIE
+ Los ʼn slag Facebook en probeer een van hierdie alternatiewe sosiale netwerke
+ Water stappe kan jy neem as jy fopnuus op Facebook sien?

WEES KUBERVEILIG
+ Nuutste strikroof e-posse
+ SARS en die kuberskelms soek jou geld
+ Hoe om ʼn gekullery uit te ken
+ Kubersekuriteitfirma soek ʼn manier om Whatsapp-boodskappe te wysig
+ Dink jy kan kuberskelms op die internet uitoorlê? Neem hierdie vasvra en vind uit
+ Het jy WiFi by die huis? Maak sò seker dis veilig

TECH-NUUS
+ Uitgeteken: ontmoet die tieners wat sosiale media verwerp
+ Ontmoet Vector, ʼn klein tuisrobotjie met `n groot persoonlikheid
+ Die geskiedenis van Windows bedryfstelsels
+ Microsoft laat sak ʼn datasentrum in die middel van die see
+ Die ongehoorde vertelling van NotPetya, die mees vernietigende kuberaanval in ons geskiedenis
+ Hoe tegnologie die manier waarop ons lees verander het
+ Dié dokumentêr vertel die storie agter die langste internet aftyd in Afrika
+ ʼn Kuberknoeier oortuig (amper) vir James Veitch om Hong Kong toe te reis (video)
 
 
+ Vir nog nuus uit die wêreld van tegnologie, kyk gerus na ons oop Twitter-voer
ONDERHOUDSNAWEEK: 7 - 11 SEPTEMBER
Geskeduleerde onderhoud van IT-stelsels word beplan tydens die naweek van 7 ̶ 10 September vanaf 17:00 Vrydagmiddag tot 08:00 Maandagoggend.
REDCAP BEKENDGESTEL VIR NAVORSERS

SU Navorsing ondersteunings-dienste is trots om die Universiteit Stellenbosch se Research Electronic Data Capture (REDCap) diens aan te kondig.

SYMPA VIR MASSA E-POSSE
Is dit soms nodig om e-posse na groot groepe eksterne e-posadresse te stuur? Ons het vir jou `n praktiese oplossing.
MAAK JOU STEM DIK

Na aanleiding van ons artikel oor GDPR in die vorige nuusbrief het ons die volgende terugvoer gekry:

"Ek het hierdie artikel geniet van Milly van Wyhe: GDPR: Protecting your data. Dit was mooi uiteengesit en maklik leesbaar. " – Unine Nel, KIDCRU

"Baie insiggewende brokkie inligting. Dankie aan die skrywer. "– Candice Makola

Wil jy iets met ons deel? Jou opinie of enige interessante nuus is altyd welkom by bitsbytes@sun.ac.za.

  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.