DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

KUBERSEKURITEIT – ʼn HALLOWEEN-RILLER

Vir ʼn groot gedeelte van die wêreld (goed, meestal Amerika) is Oktober sinoniem net Halloween. Dié maand is ook ook Kubersekuriteit-bewustheidsmaand – iets amper net so skrikwekkend soos Halloween.

Ten spyte van toenemende bewustmaking, neem kubersekuriteit nie af nie. Dit dui daarop dat ons steeds nie versigtig genoeg is nie en ook dat kuberkriminele slimmer word. Ons sal hierdie maand deurlopend op ons Twitter-voer en blog handige wenke, nuus en relevante onderwerpe oor kuberbewustheid plaas en nooi jou ook om jou wenke vir ons te stuur. Help ons om die kuberbooswigte virtueel katswink te slaan!

Een manier om jouself te beskerm teen kubergevare, is deur opleiding. Stel jy dalk belang in aanlyn-opleiding in kubersekuriteit? Laat weet ons by bitsbytes@sun.ac.za

 
   
 
VERSOEK IT-DIENSTE AANLYN
Ons het onlangs ʼn nuwe, gebruikersvriendelike versoek en insident aanmeldingstelsel vir personeel en studente in werking gestel. Ons doelwit was om die nuwe stelsel in werking te stel sonder dat julle beïnvloed word.
WEES KUBERBEWUS
+ Nuutste strikroof e-posse
+ Moenie val vir hierdie nuwe strikroof e-pos nie
+ Hou op uitstel — dateer jou sagteware op
 
Terwyl ons op die onderwerp van sekuriteit is, dinge lyk nie rooskleurig vir Mark Zuckerberg nie. Nog ʼn Facebook sekuriteitsbreuk wat ten minste 50 miljoen gebruikers se inligting uitgelek het, is verlede week gerapporteer.
 
+ Wat ons so ver weet van Facebook se reuse sekuriteitsbreuk
+ Hoe weet jy of die Facebook sekuriteitsbreuk jou raak?
+ Kuberkrakers verkoop Facebook aanteken-inligting
+ Facebook gee adverteerders toegang tot jou meer obskure kontakinligting

TECH-NUUS
+ Binnekort sal jou WhatsApp ook advertensies insluit
+ Wil jy weet wat jou eerste Google soektog of Facebook-inskrywing was?
+ Die skepper van die World Wide Web wil die internet desentraliseer
+ Die strategiese gebruik van tegnologie kan geleenthede vir SA se jeug bied
+ Gmail voltooi deesdae jou sinne ... en die resultate is beter as wat jy dink
+ Vir nog nuus uit die wêreld van tegnologie, kyk gerus na ons oop Twitter-voer

KYK `n BIETJIE HIER
+ ʼn Komiese blik op die onbeplande gevolge van tegnologie
+ ʼn Fliek gemaak deur ʼn robot — op die oppervlak van ʼn asteroïede
+ Jaron Lanier, die Silikon-vallei ‘rekenaarfilosoof', vertel hoekom hy dink sosiale media is sleg vir jou
+ Kyk hoe lyk Elon Musk se Hyperloop-kapsule
+ As kripto-geldeenhede nogsteeds vir jou Grieks is, mag hierdie video dalk help
 
PHONET SE TYD IS VERBY
Die Phonet-stelsel is sedert 1998 in gebruik en was die uitvindsel van, nou afgetrede, Prof Piet Bakkes, voorheen verbonde aan die Departement Elektroniese en Elektriese Ingenieurswese.
OKTOBER IS KUBERSEKURITEIT- BEWUSTHEIDSMAAND

Kubersekuriteit-
bewustheidmaand is ʼn internasionale veldtog wat elke Oktober gehou word om die publiek bewus te maak van die belangrikheid van kubersekuriteit.

7 KUBERSEKURITEIT WENKE

1. Moet nooit die “Login with Facebook” opsie op webwerwe gebruik nie. Indien jou Facebook-rekening gekompromitteer word, is jou ander rekeninge ook blootgestel.

2. Moenie jou sun e-posadres gebruik vir persoonlike admin, soos Facebook, SARS, bank en munisipale rekeninge, nie. Skep eerder ʼn aparte Gmailrekening om tussen jou werk- en privaatlewe te onderskei.

3. Sluit (lock) altyd jou rekening of rekenaar wanneer jy jou lessenaar verlaat en oppas vir skouerloerders

4. Moenie jou wagwoord neerskryf en dit op jou rekenaarskerm of enige plek naby jou rekenaar los nie. Moet ook nie jou wagwoorde met kollegas deel nie.

5. Kies komplekse wagwoorde. Die meeste standaard wagwoorde wat uit ʼn woordeboek kom, kan binne sekondes gekraak word.

6. Moenie die "Remember password"- opsie vir jou rekeninge gebruik nie. Indien jou toestel verlore raak of gesteel word, kan iemand anders maklik toegang tot jou rekeninge kry.

7. Lees en dink eers voor jy kliek op skakels en aanhegsels in e-posse. Jou rekening kan gekompromitteer word, sowel as die universiteit se netwerk.

Wil jy jou wenke met ons deel? Jou opinie of enige interessante nuus is altyd welkom by bitsbytes@sun.ac.za.

  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.