DIENSTE | SELFHELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH

 
   
 

GOOGOL DIT

Moenie bekommerd wees nie, die speltoetser het nie skielik sy varkies verloor nie. Het jy geweet ʼn googol is die wiskundige term vir `n baie groot getal, meer spesifiek 10 tot die mag 100? Of dat die term uitgedink is deur ʼn negejarige familielid van die wiskundige Edward Kasner?

In 1997 Google het Larry Page en Sergey Brin die woord "googol" in plaas van "google" in `n soekenjin getik toe hulle ʼn nuwe domeinnaam nodig gehad het. Hulle het so van die toevallige tikfout gehou dat dit hulle maatskappy se naam geword het.

Kan jy nog onthou watter soekenjins jy gebruik het voor Google in 1997 sy verskyning gemaak het? Laat weet ons by bitsbytes@sun.ac.za.

   
 
ORGANISEER DIE ROMMEL
In Junie 2016 is ons bekendgestel aan Office365, maar weet ons regtig hoe al die aanlyn webdiens se funksies werk? #wenke
 
GOOGLE IN DIE NUUS
+ Aansoeke nou oop vir Google se tweede Deep Learning Indaba
+ Hoekom jy dalk die nuwe Gmail wil hê
+ Gmail opgradering bied ʼn nuwe web toepassing, privaatheidsmodus, drukke, dutte en meer
+ Google Maps nou beskikbaar in isiZulu, Afrikaans en Swahili
+ Google se nuwe taaktoepassing kry dit gedoen, maar ook net-net
+ Google se "nuwe" potgooi-toepassing is reeds op jou Android-foon
+ Google hou rekord van al jou soekresultate. So kan jy dit uitvee.
+ Vir nog nuus, volg ons op Twitter

WEES KUBERVEILIG
+ Nuutste strikroof e-posse
+ Pen jou aantekendetails vas
+ "I downloaded the information that Facebook has on me."
+ Beveilig jou slimfoon. Wenke van ons UCT-kollegas.
+ Wat weet Google en Facebook van jou?

TECH NUUS
+ SQwidnet loods IoT kompetisie vir studente
.+ Wil jy leer programmeer? Grasshopper maak dit maklik
+ 11 redes om op te hou staar na jou telefoon
+ Binnekort kan jy jou Facebook-geskiedenis uitvee
+ Facebook se WhatsApp-diens binnekort gewikkel in die volgende privaatheid-fiasko
+ Altyd aanlyn? (video)
+ Siri vs. Alexa (video)
HOë INETKEYKOSTES? DìS HOEKOM.
Af en toe kry ons navrae oor skynbare hoë Inetkey-rekeninge, veral van studente. Die oorsake is gewoonlik voor-die-hand-liggend en kan maklik vermy word.  #wenke
 
DATA VAL NOG NIE, MAAR TEN MINSTE VERVAL DIT NIE
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) het onlangs eindelik ʼn besluit geneem oor die toekoms van selfoongebruikers se data. En dit lyk belowend. #nuus

MAAK JOU STEM DIK

Na aanleiding van die onlangse polemiek oor Facebook het ons julle kommentaar gevra. Hier is wat een US-personeellidl te sê het:

"Ek en my gesin is nie op Facebook nie – het nog nie vir een dag ervaar dat my lewe armer is daarsonder nie." - Prof Ranel Venter, Departement Sportwetenskap
 
KONTAK ONS
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products mentioned in this newsletter.